peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


se ning vir vandag - Newest pictures Animals/Nature
clubchatters.peperonity.net

DOELWITBEPALING

Hebr.12:2

". . . die oog gevestig op Jesus,die Begin en Voleinder van die geloof. Dit is so maklik om in ons geestelike lewe in beuselagtighede vasgevang te raak en dan die belangrikste sake uit die oog te verloor.Jy mag 'n hoë premie plaas op edele tradisies,of jou verheug in tegnologie wat jou spaar tyd opeis ensoaan.Desnieteenstaande sal jy daardie stil oomblikke van oordenking en bepeinsing beleef,wanneer indringende vrae aan jou sal knaag en om antwoorde sal roep.
Van watter praktiese waarde,behalwe tydelike inspirasie,is tradisie werklik?Teologiese debattering kan'n ontvlugting vir geestelike uitdagings word en word dikwels as sodanig gebruik.Die dinge wat eintlik geestelik moet bevry,bind jou omdat hulle betekenisloos geword het omdat hulle slegs aangename en gewete-strelende gewoontes geword het.So baie "goeie" dinge kan jou lewe oorlaai en veroorsaak dat daar geen plek vir die allerbeste en die allerhoogste is nie.
Watter deel van die evangelieskat jy ook al jou eie gemaak het,moet altyd op Jesus Christus gefokus bly.Alleen Jesus Christus kan ware,polsende lewe gee.Alleen Hy kan dinamiese krag en betekenis aan jou geloof gee.
Alles wat jou van die waarheid aflei,doen jou 'n skreiende onguns aan.Hou jou oë doelgerig en onafgebroke op Hom vir die bereiking van jou geestelike ideale en jou Christelike roeping.Moenie jou denke vul met die sondes uit verlede nie.Kyk in geloof vorentoe.Die Meester het jou geroep tot 'n lewe van Heiligmaking -
Konsentreer op die Genade en Liefde van jou Heiland en Verlosser.Dan sal jy meer tyd tot jou beskikking hê om geestelik te groei.
Laat die Heilige Gees jou lei.Hervorm jou denke,on konstruktief en positief te dink,is om jou lewe met hernude selfvertroue te vul.Belangrikste is om te glo dat Jesus Christus vertroue in jou het.As Hy jou tot 'n taak geroep het wat jy dink bokant jou vermoë is,moet jy onthou dat Hy dit alleen sou doen indien Hy vertroue het in jou vermoë om dit wel te kan doen.
God roep nie bekwames nie,maar Hy bekwaam die wat Hy roep!Die enigste voorwaarde is dat hulle onvoorwaardelike vertroue in Hom moet hê,deur Sy krag van Sy Gees.Op die standvastige Rots kan die mens sy ldwe bou.Met Christus as die middelpunt van jou lewe,sal jy triomfeer en ware vrede ken.Stel dit op die proef en wees verseker van verrassende resultate!
Hierdie dinge reik by die aardse verby,tot in die verhewe sfere van die gees.Hierdie is kwaliteite wat ewigheidswaarde besit.Hulle openbaar wat bereik kan word as die mens volgens geestelike standaarde leef.Dan leef die mens,deur God se genade,nie tervergeefs of doelloos nie.
Gebed:Here Jesus,skenk aan die. . . . Steeds groter waardering van Uself,sodat hulle 'n suiwer waardering kan hê vir die onsigbare dinge wat van kardinale waarde is.Met danksegging en lofprysing van U Heilige Naam.Laat hulle oorwinnaars wees met die rykdom van U genade in hulle lewe.Amen.


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.