peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


fix our eyes - Newest pictures Animals/Nature
clubchatters.peperonity.net

WANNEER OM NIE TE BID NIE :

SOMS BID ONS VIR IEMAND , EN DAARMEE TEEN GOD SE WIL INDRUIS . Dis tye wat ons nie mag intree vir ie

Soms kan ons mense deur ons gebede beskerm en die vyand weghou van hulle. Dan is daar tye wat die vyand nader aan hul mut kom , en hul iets onaangenaam moet aanvaar omdat dit kan help dat hul tot God kan wend. Dis belangrik , want die vyand wil hê ons mut dink ons sondig as ons nie vir iemand bid nie. Hy sal die feit dat ons ni voorbidding doen nie, gebruik om ons te veroordeel en te verhoed dat ons bid soos wat God dit in daardie geval wil hê. Soms hoor ons nie God se stem as Hy met ons praat nie, dan mut ons die vyand weerstaan en gehoorsaam wees.
~*~ KRAGTIGE GEBED ~*~ Een van die kragtige gebede wat jy kan bid, is n gebed vir jou vyande. As jy iemand wil sien wat sterk is in gebed, soek vir die een wat vir n vyand sal intree. Ek glo God seën öns as ös in gebed intree vir iemand wat teen ons gesondig het of ons verraai het.
Wat is Jesus se opdrag aan öns in Matteus 5:44 ? . Hy sê ons mut vir ons vyande bid. Julle mut jul vyande liefhê, en julle mut bid vir dié wat julle vervolg. Jy mut hul seën, nie vervloek nie. Bid vir hulle ! ~ Saambid in eensgesindheid : lees Matteus 18:19 ~20. . . . . Waar 2 of 3 in Sy Naam saam is, daar is Hy ! God se krag neem toe as saambid en ooreenstemming bymekaar kom. Lees Deuternomium 32:30. . . Een kan n 1000 agtervolg en 2 kan 10 000 op di vlug jaag.
GEBEDSPUNTE : Intersessie is gebed vir
Gebed vir ander mense.
God kan van plan verander agv intersessie *
*Laat die Heilige Gees met intersessie lei, en werk saam met wat Hy doen in die lewe vd mense vir wie jy bid. As jy verplig voel om te bid, bid totdat dit verbygaan. As jy voel jy munie oor iets bid nie, vertrou God daarin ,munie jouself dwing om te bid nie
*Ons mut almal öns plek in gebed vind en getrou die intersessie~opdragte wat God ons gee, uitvoer.
*Saambid in eengesindheid bring God se vermenigvuldigde krag en seën na n situasie.
*n KRAGTIGE geestelike dinamiek k6 in werking wanneer mense wat in eensgesindheid leef, in ooreenstemming begin saambid.
*Om in eensgesindheid te leef, beteken dat daar harmonie, suiwerheid, eer en nederigheid is. Dit vereis dat ons wegbly van struweling, jaloesie, wrewel, woede en bitterheid. ~*~
BID UIT GOD SE WOORD : Jesaja 62:6 sê ons mut God herhinner' aan die beloftes wat Hy aan ons gemaak het en een vd beste maniere om dit te doen, is om uit Sy Woord tot Hom te bid. God se Woord is baie kosbaar vir Hom en mut dit vir ons ook wees. Psalm 138:2 sê : Ek wil na U heilige tempel toe buig en U Naam roem om u liefde en trou, want U het U Naam en U Woord bo alles gestel.
Om in die Woord te bly en die Woord in ons te laat bly, het n direkte verbintenis met vertroue in gebed . . En die beantwoording van ons gebede.


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.