peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


img - Newest pictures Wallpaper pics Wallpaper
clubchatters.peperonity.net

GOD IN BEHEER

Bekommernis en Vrees :

Ek verklaar in die Naam van Jesus dat elke wapen wat teen my gesmeë word niks sal uitrig nie.
Vrees en terreur sal saamstaan en teen my probeer opstaan, Maar elke vesting wat teen my sal wil opstaan word neergewerp en elke plan verbreek.
Ek sal nie vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg, vir die pes wat in die donker wandel of vir die siekte wat op die middag verwoes nie.
Geen onheil sal my tref en geen plaag sal naby my woning kom nie. Ek is die liggaam van Christus en die satan het geen houvas op my nie.
Ek oorwin die bose deur die goeie. Ek is deel van God se familie en ek behoort aan Hom en daarom hoor ek Sy stem.
Ek het satan oorwin omdat Hy wat in my is Groter is, as hy wat in die wêreld is. Ek sal geen onheil vrees nie want die Here is met my, hierdie Woord en U Gees vertroos my.
Verdrukkin en verskrikking is vér van my af. En ek sal nie vrees nie want dit sal nie naby my kom nie.
Geen wapen wat teen my gebruik word sal suksesvol wees nie, want dit is my erfdeel as geregtige van die Here.
Dit gaan goed met my en wat ek ookal doen voer ek voorspoedig uit en ek is soos n boom wat geplant is by waterstrome.
Christus het Homself vir my gegee en daarom is ek uit die kloue van hierdie sondige wêreld gered volgens die wil van God.
Geen ongelukke, rampe en ernstige siektes sal my en my huis nie tref nie. U self bewaar my U het U engele aangaande my opdrag gegee om my te bewaar op al my weè.
Ek is n dader van God se Woord en geseënd in al my dade en gelukkig in als wat ek doen omdat ek n dader van God se Wørd is.
Ek neem die skild van geloof op waarmee ek al die vurige aanvalle van die bose teen my afweer.
Ek is meer as oorwinnaar deur die bloed van die Lam en die Woord van my getuienis. Die duiwel slaan op vlug, weg van my af omdat ek hom weerstaan.
Die Woord van God staan vir ewig vas in die Hemele en daarom bevestig ek øk Sy Woord hier op aarde. My kinders het voorspoed want hul word deur die Here self geleer. Ek verklaar in die naam van Jesus dat God die Vader my beskerm en bewaar. Amen. SHALOM !


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.