peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


img - Newest pictures Quotes Sayings
clubchatters.peperonity.net

GENESING EN HEELHEID :

My Liggaam, n Tempel van God.

Dit wat ek op die aarde bind sal in die hemel gebonde wees en dit wat ek op die aarde ötbind sal in die hemel ontbonde w3s. In die Naam van Jesus bin ek elke owerheid, elke mag, elke wêreld heerser van die duisternis en elke bose gees in die lug. Ek werp elke vesting neer en verbreek elke plan en elke skans wat opgewek word teen die kennis van God.
Ek het die volheid van Christus in my wat die hoof is van alle owerheid en mag. Ek is Sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God vir my voorberei het sodat ek daarin kan wandel. Amen.
Ek is n gelowige en daarom sal hiedie tekens my volg, in die Naam van Jesus sal ek duiwels uitdryf, met nuwe tale praat, my hande op siekes lê en hul sal genees wees. Jesus het my die outoriteit gegee om Sy Naam te gebruik.
Ek praat met my fisiese liggaam en ek verklaar in die Naam van Jesus, dat my liggaam funksioneer tot die volmaaktheid soos God dit aanvanklik geskep het.
Christus het my los gekoop van die vloek van die wet deur vir my n vloek te word. Daarom weerstaan ek nou enige siekte en kwale wat in en op hierdie liggaam wil kom.
Elke kiem, en virus wat met my liggaam in aanraking kom, sterf onmiddelik in Jesus se Naam. Elke orgaan en elke weefsel van my ligaam funksioneer volkome soos wat God dit gemaak het om te funksioneer.
Jesus is die Heer van my lewe en geen siekte en kwale het nou n houvas oor my nie. My söndes is vergewe en daarom is ek nou dood vir die sonde en veroordeling. Jesus het my versoen met die liggaam van Sy Vlees deur die dood, om my heilig en sonder gebrek en onberispelik voor hom te stel. Jesus het my sondes in Sy liggaam op die kruishout. Dood en lewe lè in die mag van die tong volgens Job 22:28. . . .
Ek verklaar in die naam van Jesus dat my lewe gaan verander omdat wat ek sê en spreek in lyn kom met God se Woord.
Jesus is ons Heer in Gees, liggaam en siel en alles wat ons sal doen , sal ons van harte doen soos vir die Here en nie vir mense nie.
Ek vertrou my huis aan God toe en aan die Woord van Sy Genade. Die Woord is Magtig om ons op te bou en ons te laat deel hê in die seën wat Hy in ons as gelowiges as erfdeel belowe het.
Abba Vader ! Öns Loof, Eer EN PRYS U HEILIGE NAAM. U IS ONS REDDER EN HERE. Dankie vir die vøorreg dat ons U kan dien. Amen. SHALOM !


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.