peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


th xsipofqycaf - Animated
cryingangels.peperonity.net

***Gebroke Harte***

My Broer so ver...
Laaste tree,

Ons lewe so ver en tog so naby aan mekaar maar hoe sien ek my weg oop hierdie keer. Seerkry is die lewe se brood en so gaan ons dae verby, maar ons oë bly dof want geen liefde is meer rondom ons, hoe dit voel om vas gehou te word bly ‘n wonder werk, nooit sal ons weet of daar drome is om waar te word en geen lus meer vir sterre tel. Geen vryheid om te voel net seerkry, baie trane, jy sal dit nooit weet nie. Ja jy sal nooit weet wat hier diep binne ons aangaan nie, jy is so ver weg van ons.

Ons verlang tog elke dag vir die lag en die vryheid van liefde, groet net sag en verdwyn agter ‘n masker, ons leef deesdae net in herrenning en waar het ons tog gevaal om altyd so laag in jou oë te wees. Jare het gekom en gegaan en die ure bly net tik. Ons sal jou altyd onthou as die mens agter ‘n masker. Jou vreugde stel ons eerste, want sien die vrou wat jou groot gemaak het ,het ons geleer dat jou wense altyd moet waar kom. Niemand van die ander se wense is so belangrik soos joune vir haar en die seerkry in haar oë sal ons altyd bybly. Jou goedkeurring is so belangrik vir haar en dit breek haar hart elke keer en tog is die blykskap daar, want jy sal altyd daar wees in haar hart. Jy sal altyd daar wees in haar lag en trane.

Eensaam en verlate sit die oumense elke dag en nag en wonder of jy onthou van hul liefde vir hul kind, alleen in die nag worstel hulle, en die pyn in hul hart raak ondraagbaar. Niks vervang daardie liefde nie solank hul asemhaal is daar die pyn in hul oë. Alleen lê hul daar en wonder of jy onthou hoe lief hulle jou het.

Hul sal die koue van die nag trotseer en dwaal deur die strate as dit jou sal verbly, treur sal hul wel, daar kan ons niks aandoen nie en dan val daar nog ‘n hartseer traan. Môre bring net nog ‘n dag en strek hulle weer ‘n hand van vrienskap uit en word verwerp. Geluk is hul nie beskore nie, dit kom jou toe. Die wind huil, sal hul ooit geluk kan vind. Hul brood en botter het hul spandeer op jou geluk en dis terug gegooi en hulle drome lê aan skerwe , maar tog is jou drome by hul belangrik en hul weeg dit op en vind dan jou geluk bo hulle sin. Dag by dag is hul niks in jou oë net ‘n deurmat, net nog ‘n persoon wat jy kan vertrap sodat jou vreugde kan seevier, mag jou drome vir altyd hou dis hul wens. Miljoene sterre wat skyn in die nag en as jou kop dan nie te hoog is nie, kyk mooi na hulle, en sien dan dat jou ouers hul eie geluk opsy geskyf het vir jou, lees net die sterre en sien.


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.