peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Multimedia gallery


donkiekar.peperonity.net

~*~*~ Aalwyn ~*~*~

Diep spore
het sy gekneusde saad
'n krater
in die bodem getrap
diep en fel
soos 'n vlek
het sy vrug
ontkiem in die onmag
van sy verraad.

En stil
le die nawee
van sy berou deur
letsels van weerloosheid
bloei die aalwyn getrou haar
reikende hande
gekelk soos 'n offer
haar dorings verbete
soos 'n kleed
om haar bitter
vlees gevou.

Geskonde gelas
bars haar pyn
telkens oop in
ebonitiese krag
bekrans vuurlanterns
haar kroon soos
bloedrooi karmosyn.

Geskryf deur: Coeleen Fourie


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.