peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Multimedia gallery


donkiekar.peperonity.net

~*Mag van tong*~

Dood en lewe is in die mag van die tong.

Die tong het baie mag. Dit kan jou en iemand anders se ondergang beteken. Ons sal almal rekenskap moet
gee vir elke woord wat uit ons monde gekom het voor die regterstoel van God. As ons in die geestelike dimensie kon sien, sou jy
elke woord kon sien as iets tasbaar. Die geestelike dimensie is eintlik meer werklik as die natuurlike.
Geen woord ooit gespreek gaan ooit verlore nie! En elke woord word opgeteken. Engele is dienende geeste wat teenwoordig is om God se
Woord te gehoorsaam en ons te bedien. Demone is gevalle engele wat saam met Lucifer uit die hemel gegooi is.
Hulle is die werke van die duisternis wat Satan se opdragte uit te voer. Hulle is ook teenwoordig. Die bybel se ons geveg is teen
hulle. (Ef. 6 ) As jy goeie en opbouende woorde van iemand spreek, erken die engele dit en vang daardie woorde. Hulle gooi dit uit
oor die persoon van wie jy goed gepraat het en die goeie in die persoon vermeerder. Woorde is saad wat jy saai.
As jy kwaadspreek teen iemand- al is dit die waarheid, doen jy die persoon beslis nie n guns nie en ook nie jouself nie!
Die situasie word vererger. Die demone erken die slegte woorde en vang dit. Hulle gaan gooi dit uit oor daardie persoon van wie jy
kwaadspreek. Dan word die persoon erger as voorheen. Dit is ook hoekom mens nie mag skinder nie! Om te skinder is
soos om n klippie in n poel te gooi. Die kringe versprei en kring al wyer tot dit elke omtrek van die poel bereik. Dit affekteer die hele poel en verander sy inhoud.
Dit doen verskriklike skade aan die persoon en almal direk verwant aan hom. Hoe maklik se ons lelike goed in die hitte van die oomblik
wanneer ons kwaad is! Ons spreek vloeke en bindinge oor onsself en ander uit. Ons is moordenaars want ons slaan dood met ons tonge!
Onthou altyd jy saai een saadjie maar dit bring n oes. Jy maai een of ander tyd als wat jy gesaai het.
As jy iemand wil sien verander, spreek lewe en nie dood nie! Spreek dinge in vervulling. Dinge wat nie sigbaar is in iemand se lewe.
Spreek dinge asof dit reeds is! n pastoor het ek eenkeer hoor se as jy iets sleg oor n persoon se, moet jy tien goeie dinge
oor n persoon kan se om daardie een slegte woord te kan kanselleer. Ouers, onderwysers, eggenote, werkgewers, wat se jy vir
vir die wat ondergeskik is aan jou! Pasop, jy se vir jou kind hy is stout, of jy se hy is hiperaktief. Onderwysers se aan kind hy is dom.
Iemand se miskien vir die kind hy sal nooit ver kom in die lewe nie, en dan bereik die kind nooit sy volle potensiaal nie!
As jy siek voel, moenie dit se nie! Smoor dit in die kiem. Sny elke negatiewe woord af wat ooit teen jou uitgespreek is in die naam
van Jesus. Dit geld ook vir jou eie woorde teen jouself. Kom voor die Here en bely dit. Vra die Here om dit te af te sny met die
swaard van die Gees. Kom teen die woorde en bind dit in Jesus se naam. Vergewe almal wat dit gedoen het. Ook jouself. Vra God om hulle en vir jou te vergewe.
Doen dieselfde met jou woorde teen ander. Lees: Jakobus 3, Spreuke 12: 13, 14 ,18; Spr. 18:7; Spr. 20:19; Spr. 21:23 ; Spr. 28:20
en Spr. 22:8
en Spr. 22:18


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.