peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Multimedia gallery


donkiekar.peperonity.net

~*~*Geldtekort? *~*~

Die geheim van oorvloed is nie in hoe hard jy werk nie. Ek het geleer uit my eie ondervinding dat as jy bekommerd is oor jou geldsake, hoe meer is die probleme.
Mens leef volgens jou inkomste. Hoe meer jy het hoe meer spandeer jy en die items is duurder wat jy aankoop. Die duurder items se onderhoudskoste is op sigself dan ook meer.
Omdat dit duur is het mens assuransies op als nodig. Eintlik wil ek net n ander benadering met jou deel wat onfeilbaar is en dit werk.
Weet jy dat als wat jy het, jou salaris inkluis, nie joune is nie? Als is God sin. Hy bepaal ook jou verhoging of promosie. Aan God behoort als. Daarom moet jy n tiende daarvan vir Hom gee.
God het nie jou geld nodig nie, maar Hy weet wat is die gesindheid van jou hart wanneer jy gee. Dit is waarna God kyk. Dit is eintlik n belegging waarna jy kyk want jy verloor nie dit wat jy gee nie.
Daardeur sien God jou getrouheid en maak Hy die vensters van die hemel wawyd oop vir jou. Hy sal sorg dat die dief en rower nie aan jou goed raak nie. Hy vermeerder dit wat jy gee en gee dit aan jou terug in oorvloed.
Alles wat jy saai lewer n oes. Dit is eenvoudig net om op God te vertou. Hy beloon daardie vertoue en geloof in Hom. Hy is die Voorsiener! Ons is geneig om op ons eie insig en krag staat te maak.
Die Here ken die begeertes van jou hart en weet presies wat jy nodig het. Daarom se Hy soek eers die koningkryk van God, en al Sy geregtigheid, en dan sal Hy vir jou alles byvoeg wat jy nodig het.
Maar jy sien, ons as mens is geneig om dit net anders om te doen. Teen die tyd dat jy als bymekaar gemaak het wat jy wou he, is dit dalk te laat vir jou om die koningkryk te soek.
As jou hand, hart en huis toe is vir die behoeftige, die arme en jou naaste, sal jou geldkoffers nie vir lank vol bly nie. Hoe meer jy gee, hoe meer sal jy ontvang! Wat jy saai, sal jy maai.


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.