peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


des - Newest pictures
donkiekar.peperonity.net

*~*Terugkoms*~*

Bekering Van n Verlore Kind


Die ster wat verskiet het se lig brand lankal nie meer; dit is deur die duisternis verteer.
Weggebreek van dit wat goed was - bekend en reg was, uit die hemel geval tot in die kern van die hel.

Gelouter deur die vure - n lewelose klip. Die varke het uit die holtes van my gemoed n drinkplek gevind.

Bevind op dwaalwee, deur woestyne; gebruik as wapen
om ander mee dood te slaan - maar ek, die klip.

Die see het my weggeneem en ek is opgeraap deur twee hande; gekoester in die veiligheid van sy warmte.

Die lig het deurgebreuk en ek sien toe dis die maan - so sag, so rein, so vol liefde so teer;
dit streel my hart se seer en neem my saggies terug en plaas my voor die voete van God - lelik en klein.
En ek weet die Here sal ek dien.

En weet dit, o maan; Die klip se dowwe flikkering. Dit het jy gesien.

COELEEN FOURIE


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.