peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


liefdeswyn - Newest pictures Comics/Fantasy/Anime
donkiekar.peperonity.net

~*~*Liefdeswyn*~*~


Purpertroos in sekelkelk
innig klein klein
vleugie van jou vlam;
afgemeet soos kers versmelt -
klein klein teugie
uit die kan.

Soetwyn soet op dor my lippe
murmelstroompie sag,
so bloedbrand warm
deur die kraters van my hartgang;
ontwaak ongerepte woestynwindland
sluimerslaap dinkverstand
wat waak, maar bang
soos water loop oor seewindsand.

Druppelsoetrooi dou
die kan is leeg.
Beneweld ontnugter
in n steeg.
Verwronge kersewas;
so koud die vlam
geslag, geoffer soos n lam.

Drup seerbloedpyn
uit skarlakenhart se skeur
in altyd leeg
se bitterbloedkelk
bloeiselbloei
het tuin verwelk.

Nog bly oor die as, die was,
die bittersoetbloed
in gekraakte glas
nog bly oor die pynrefrein
van wyn se groet.

DEUR: COELEEN FOURIE


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.