peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


dese - Newest pictures Animals/Nature
donkiekar.peperonity.net

*~*Hoeveel*~*


Deur hoeveel kille winters
gaan hierdie kiem nog kloof,
nog klou soos klitsgras
in hul kweekplek deur die loof?

Na hoeveel somber somers
gaan jou helder beeld vervaag,
nog talm in die suiwer glans
in ongeskonde sneeugewaad?

Deur hoeveel lee woestyne
gaan ek nog koersloos swerf,
nog dwaal deur sandsteenkruine
tot hierdie kern vreesloos sterf?

Na hoeveel sonweerspieelings
gaan jy my swanger leemtes vul,
jou blink weerkaats soos perlemoen
vesting in fluweelmembraan gehul.

DEUR: COELEEN FOURIE


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.