peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


images
lianco.peperonity.net

** Grappies **

****VAN DER MERWE****
Het jy gehoor Koos is dood toe hy melk gedrink het? Dit koei het gaan sit!

‘n Minder aantreklike Van der Merwe loop eendag langs die see, hy tel ‘n lampie op en en vryf hom skoon en net daar spring ‘n genie uit. Jy kan enige iets wens wat jy wil hê sê hy vir Koos. “Ek wens ek kan onweerstaanbaar wees vir vroue sê hy” Die volgende oomblik verander hy in ‘n GOUE kredietkaart!

****BLONDINE GRAPPIES****
Hoe faks ‘n blond ‘n geheime dokument deur? Sy sit dit in ‘n koevert!

Matrone aan blonde verpleegster: Hoekom gebruik ons rubber handskoene as ons pasiente was? Blond: Sodat ons hande nie nat word nie matrone!

Die blond wag haar vriend in by die hek nadat sy sy motor geleen het. “Ek het goeie en slegte nuus” sê die blond. “Die goeie nuus is jou kar se lugsakke werk.” “ Die slegte nuus is jou kar is nie hier nie maar by die scrapyard.

Hoekom kyk die blond by die venster uit as die weerlig slaan? Sy hoop hulle gaan haar foto neem.

Wat doen ‘n blondine as sy koud kry? Gaan staan in die hoek want dit is 90º daar.

Woedende kient kom by die blonde winkel assistant en sê “Ek het nou net hierdie sykouse vir R20-00 gekoop en dit het ‘n leer in. Blondie kyk haar op en af en snou haar toe: “Wat het jy verwag – “n marmertrap?”

Hoekom gooi jy jou nuwe elektronise skaal weg vra die brunette vir haar blonde vriendin. Wel antwoord die blond – die dokter het gesê ek moet ontslae raak van al die klein goetjies wat my irriteer.

Blond aan Brunet – kyk net hoe mooi spierwit het die nuwe waspoeier jou hemp gemaak! Mag miskien wees maar die hempie was eers rooi!

Die blond sit by die rekenaar en druk haar kredietkaart vinnig in die rekenaar se disket dryf – die baas staan nader en vra haar wat sy doen. Sy antwoord vinnig: “ek probeer iets deur die internet koop en hulle vra die heeltyd my krediet kaart”

Juffrou hoekom tik jy Philloppolis met ‘n F? Blond – Ag jammer meneer ek kon nie die “V” kry nie!

Brunet aan blond: Hoeveel suiker in jou koffie? Blond: tien asseblief maar moet dit net nie roer nie – ek haat soet koffie!

Hoekom het die blond getrek? Sy het gehoor 90% van alle ongelukke gebeur in die huis.

****ANDER****
Vrou aan vriendin: Genade Sannie wat gaan aan dat jy so baie gewig verloor? Ag jong antwoord Sarie dis my man wat my so baie werk gee van son opkoms tot die son sak. Nou hoekom los jy hom nie Sarie? Nee wat ek wil eers nog vyf kilogram verloor!

Vrou aan winkelier: Wat kos jou eiers? Net 50 sent een mevrou maar as jy ‘n gekraakte een kry, kos hulle 40 sent. Reg sê die vrou – kraak gou vir my ‘n dosyn asseblief.

Die man wys die eiendomsagent sy huis en kom by ‘n groot leë kamer uit. En dit vra die agent? Wel sê die man dit is my musiek kamer. Maar hier is dan geen musiekinstrumente nie? Ja antwoord die man maar in hierdie kamer hoor jy die buurman se musiek op jou beste.

‘n Man bestel kreef in ‘n restaurant. Toe die bestelling uiteindelik daar aankom sê hy vir die kelner – “Kelner my kreef is nie vars nie!” Die kelner kom nader en sê vir hom maar meneer die krewe het net gister van die Kaap af gekom! Man antwoord – Ja hulle het seker hiernatoe geloop né!

Die boer en sy vrou loop by die skou verby die bulle….. Op die eerste bul se bordjie staan hy het 30 keer gedek. Die tweede bul s’n staan daar hy het al 80 keer gedek – by die laaste bul se bordjie staan daar 365 keer gedek. Die vrou sê vir haar man “jy kan iets hieruit leer!” Waarop haar man antwoord –“Vra ‘n bietjie vir die eienaar of die bul al 365 keer by dieselfde koei was”

My pa is al tagtig en hy is nog elke dag in die Gim. Genade is die oubaas nog so fiks? Nee maar daar is niks fout met sy oë nie.

Tienerseun aan tiener dogter – Hoekom dra jy ‘n bra jy het dan niks om daarin te sit nie! Sy antwoord: Ja en jy ….. jy dra ‘n broek of hoe?

****DRONKMAN PRAATJIES****
‘n Man sit in die kroeg – bestel ‘n drankie, drink hom klaar en bestel nog een. Na die derde een kyk hy elke keer in sy hempsak voor hy nog een bestel. Die kroegman wonder later wat is die ou se storie en vra hom hoekom kyk hy elke keer in sy hemp se sak voor hy nog een bestel. Die man antwoord “Jong ek het ‘n foto van my vrou hier in en sodra sy vir my begin mooi lyk weet ek ek het nou genoeg gedrink!
‘n Geraamte hardloop straataf reguit by ‘n kroeg in met sy grafsteen onder die arm. Die polisieman keer hom en vra hom hoekom hardloop hy so in die kroeg in? Wel sê die geraamte mens moet mos deesdae orals bewys van ID lewer!

****KINDERS****
Terwyl die moeder in die kombuis besig is lui die voordeurklokkie, Jannie is by en kom na ‘n rukkie by die kombuis in. Wie was dit Jannie? Vra die moeder. O dit was die tannie van die weeshuis wat gekollekteer het. En toe het jy haar darrem ietsie gegee wou die moeder weet. Ja sê Jannie – vir sussie.

Jannie eet jou groente dat jy kleur in jou gesig kan kry! Ag ma, wie wil dan nou ‘n groen gesig hê?

Die juffrou sê vir Bennie – Bennie jy moet jou gesig mooi was in die oggend ek kan sien wat jy vir ontbyt gehad het! En wat was dit juffrou? Wel kom ons sien – Konfyt en brood? Nee juffrou is verkeerd – dit was gister s’n!

Twee seuntjies sit in die bad. Wat het met jou gebeur vra die een seuntjie, Ek is met geboorte besny sê die seuntjie. Sjoe en was dit baie seer? Natuurlik man ek kon vir twaalf maande glad nie loop nie!

****MIKE & KALLIE****
Mike en Kallie werk al die heel dag lank – Kallie grou gate en dan gooi Mike dit toe. ‘n Man wat hulle vir ‘n hele rukkie bekyk stap nader en vra hulle wat hulle doen. Wel sê Mike ons plant bome. Die man staan verward en sê nou hoe doen julle dit want die een grou en die een gooi toe! Ag sê Kallie die ou wat die plantjies insit is nie vandag hier nie hy is af siek geboek.

Mike ry in digte mis agter in Kallie se voertuig vas. Ou Kallie spring uit en wil net vir ou Mike opdons toe hy hom sien. Mike vra vir Kallie – Hoekom stop jy so skielik voor my? Kallie antwoord – Hel man ek is afterall in my eie garage!

Mike aan Kallie se vrou – Genade Tinkie is dit nie moeilik om met ‘n bokser getroud te wees nie? Nee wat dis eintlik opwindend want elke keer as hy terugkom lyk hy anders!

****SPREEKKAMER STORIES****
My kop is seer, my lyf is seer en my elmbooog, my rug pyn en alles sê die pasient vir die dokter. Die dokter beveel hom om op die bed te gaan sit en kap hom met ‘n hamertjie op die knie. “Eina! Gil die man – nou pyn my knie ook!”

Sannie gaan dokter toe en vra die dokter om vir haar iets te gee vir griep. Die dokter skryf die voorskrif uit en gee dit aan haar. Sy gaan dit deur en vra – gaan dokter nie vir my iets gee om my te laat sweet nie? Nee wat sê die dokter kry net my rekening voor by die ontvangsdame dan gaan jy in elk geval sweet!

Dokter wat moet ek maak om honderd jaar oud te word? Wel hou op drink, rook en met vroue lol! Sal ek dan tot honderd maak? Miskien nie sê die dokter maar dit gaan vir jou so voel!

‘n Man kla by sy dokter dat hy elke nag kaal vroue in sy kamer sien. Die dokter dink so bietjie na en vra dan – So wil jy he ek moet jou help om van hulle ontslae te raak? Nee dokter ek wil net hê jy moet my help om hulle te vang!
Dok jy moet asseblief help om my snork stop te sit. Hoekom vra die dokter pla dit jou vrou? Ja dokter en die res van die gemeente ook.

****DIERE****
Hoekom bulk beeste? Kan jy dink hoe sou dit geklink het as hulle geblaf het?
Die boer ry in dorp toe met sy perd, langs die pad kry hulle ‘n klomp skape wat sê. Goeie more, mooi ry – geniet die dag. Die boer kyk om en sê vir sy perd – Genade ek het nie geweet skape kan praat nie, Ja sê die perd – ek ook nie.

Toe pa muis uit is op soek na kos vir sy gesin, trap hy in ‘n muisval en sleep himself met val en al terug huis toe, Boetie maak die deur oop en skree vir ma muis – mamma, mamma pa het vor ons ‘n jeep gekoop.

Wat is baie plat en lê op die wal van die rivier? ‘n Krokodil wat by seekoei se nooi aangelê het.

Vrou stap by troeteldier winkel in en wil ‘n jassie koop vir haar hond. Sy roep die winkellier nader en vra: sal hierdie truitjie pas vir ‘n Franse Poedel? Wel sê die winkellier bring haar in dan pas ons dit aan! Vrou hewig ontsteld: “Ek kan nie dit doen nie dis ‘n verrassing vir haar verjaardag!”


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.