peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


awesome lord awesome lord jesus - Newest pictures Animation Animated
mericale.peperonity.net

Jesus het v ons sonde gesterf,

God stuur sy Seun vir jou en my om die prys te betaal

Jesus Christus is van alle ewigheid af God"God uit God'Lig uit Lig,waaragtige God uit waaragtige God.
Jesus het self gese:Wie My ontvang,ontvang Hom wat My gestuur het(Joh.13:20).."Voordat Abraham was,is Ek(Joh.8:58)."Ek en die Vader is een(Joh.10:30)
Waarom noem jy Hom onse Here?Omdat Hy ons met liggaam en siel van al ons sondes,nie met goud en silwer nie,maar met sy dierbare bloed
Gekoop en van alle mag van die duiwel verlos het en ons tot sy eiendom gemaak het(1PET.1:18,19,2:9,1Kor.6:20,1Tim.2:6,Joh.20:28)
Watter nut verkry jy deur die heilige te ontvang?(Heb7:26,27,1Pet1:18,19,3:18,1Kor.1:30,31,Rom 8:3,4,Jes.53:11, Ps.32:1)
Dat Hy ons Middelaar is en met sy onskuld en volkome heiligheid my sonde waarin ek ontvang en gebore is,voor die aangesig van God bedek.
Hierdie selfde Naam,Here hou dan ook vir ons'n waarskuwing in:"Nie elkeen wat vir My sê Here,HERE sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie,maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is (Matt.7:21)
Wanneer Hy net in naam ons Here is en dit maar net lippetaal is wanneer ons Hom so noem,geld sy losprys ook nie vir ons nie.Want al sê jy Here ek het in U Naam geprofeteer,duiwels uitgedryf,in u naam kragte gedoen,sal Hy nogtans vir jou sê Ek het jou nooit geken nie(Matt7:22,23)Dra jy die merkteken?
Kan jy soos Paulus sê:Hy is die God aan wie ek behoort,wat ek ook dien(Hand.27.23)Ek dien Hom uit liefde,dit is my hoogste vreugde en voorreg om aan Hom te behoort,Hy is ook my Here en my God?(Joh.20:28)
Ons kom nou by wat genoem word:Die 2 state v CHRISTUS,nl.sy staat van vernedering en sy staat v verhoging...
Staat v vernedering: 1.Geboorte,2.Lyding,3.Sterwe,4.Begrafnis,5.Neerdaling te helle.SY STAAT V VERHOGING:1.Opstanding,2.Hemelvaart,3.Sit aan die regterhand v God,4.Wederkoms om te oordeel.
Ps91:1.Die Heilige Gees sal oor j kom,en die krag v die ALLERHOOGSTE sal j oorskadu.
Ontvang v die Heilige Gees,dit sê nie uít die Heilige Gees nie,ook nie deur die Heilige Gees nie maar ontvang.Waar die Heilige Gees is,is daar altyd nuwe lewe.by die skepping het Hy gesweef op die watervloed(Gen.1:2)by die uitstorting v die Heilige Gees .Hy bewerk ook die wedergeboorte.
Waarom moes Christus Hom tot in die dood verneder?OMDAT WEENS die geregtigheid en waarheid v God nie anders vir ons sondes betaal kon word as deur die dood van die Seun v God nie(Gen 2:17,Rom8:3,Heb 2:14,15)
Waarom is Hy begrawe?Om daarmee te betuig dat Hy waarlik gesterf het.(Hand13:29,Matt27:59,60,Luk 23:53,Joh 19:38)
Watter nut verkry ons nog meer uit die offerande en die dood v Christus aan die kruis?(Rom12:1,Rom6:6,12,)Dat deur sy krag ons oue mens saam met Hom gekruisig ,gedood en begrawe word,sodat die bose luste v die vlees in ons nie meer regeer nie..maar dat onsself aan Hom as'n offerande van dankbaarheid toewy.
Waarom volg daar:Wat ter helle neergedaal het?(Ps18:5,6,Ps116:3,MATT26:38,MATT 27:46,HEB5:7,JES53:5)
=dat ek in my swaarste aanvegtinge verseker kan wees en myself volkome kan vertroos dat my Here Jesus Christus deur sy onuitspreeklike benoudheid,smarte,verskrikking en helse kwelling waarin Hy in sy ganse lyding maar veral aan die kruis,
Versink het,my van die helse benoudheid en pyn verlos het.Onthou egter dat Christus self in die afgrond v die dood ingegaan het en daar deurgegaan het en die dood doodgemaak het*nou is die angel uit die dood ook vir ons(1 KOR.15:55,56)want hierdie laaste vyand is ook deur Christus oorwin.So het Hy ons vrygemaak v die wet v die sonde en die dood(Rom8:3)
Hoekom sterf ons dan nog?Die antwoord is egter dat dit nou nog nie nà die wederkoms is nie en dat ons nog nie verander is nie( 1 Kor.15:51,52)Die dood is nie meer straf of betaling v die sonde vir die gelowiges nie,maar dit is nou nng die poort na die lewe hierna,vir gelowiges nie meer poort na die doderyk en verdoemenis nie maar wel na die paradys danksy die kruisdood.
Rom 6:6 die ou mens moet ook gekruisig,gedood en begrawe word,die oue mens die beginsel v die sonde in die mens,en die nuwe kan meer word in ons lewe.Sy dood is vir ons die simbool van die moontlikheid om die sonde al meer af te sterwe.
Hy het die hel en dood oorwin en nou behoort ek aan Hom in lewe en in sterwe en nie meer aan satan nie.Hy het klaar vir my en jou sondes betaal,Hy het reeds aan die kruis uitgeroep:DIT IS VOLBRING.


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.