peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


bunnylovewords - Newest pictures
mericale.peperonity.net

Sonde bring skeiding

Jesaja 50:1-3.

Nee,dit is oor julle sondes dat julle verkoop is,oor julle oortredings dat Ek van julle geskei het(1)
Die duiwel kry soms die skuld vir iets wat jy self gekies het om te doen,merk iemand op.Dit is so maklik om te sê die duiwel het my dit laat doen,maar in werklikheid is dit ek self wat kon kier of ek aan sy versoeking wou toegee of nie.
Nog erger is dit as mense vir God die skuld wil gee vir hulle sondes.Hulle reken dat God tog in beheer van alles is en dat HY my kon keer om aan die versoeking toe te gee.As ek dus in die sonde val,is dit God se skuld!Nee!
Israel het geglo dat God hulle oorgegee het aan hulle verdrukkers,al het Hy belowe om hulle te beskerm.In vandag se gedeelte antwoord God hierdie argument:Waar is die skeibrief wat sê dat Ek van my kant af die verhouding verbreek het?Was dit vir My nodig om julle aan Babel te verkoop omdat Ek vir hulle geld geskuld het?Beslis nie.
Die verhouding is nie van God se kant verbreek nie.Dit is die mense van Israel en Juda wat die verhouding verbreek het.Hulle het die sonde bo Hom verkies.Hulle was ontrou aan hulle God.
Daarom moes Hy hulle die gevolge van hulle sonde laat oes,want Hy het hulle nog steeds lief.Wie nie wil luister nie,moet voel.
Die Here wou hulle so graag red,maar daar was niemand wat op sy roepstem geantwoord het nie(2)Vir God is alles moontlik.Hy kan die uitkoms gee.Vra Hom net en bekeer jou tot Hom.Hoe gaan dit vandag met jou verhouding met hierdie liefdevolle God?
Het jy vandag of gister vir Hom tyd gemaak,of is jy besig om die verhouding met Hom af te breek?Leer uit vandag se gedeelte en doen wat jy behoort te doen.
Bely dat jou verhouding nie reg is met Hom nie.Vra VERGIFNIS,EN GOD SE LEIDING EN HULP OM HOM 1STE TE STEL IN JOU LEWENSPROGRAM.
Dink aan die rots waaruit julle gekap is.Ontvang seën van God,Wees'n getuie.God se redding is nie net vir hierdie lewe nie,maar vir altyd.Elke mens het dit nodig,Mag die Here u koester in Sy hand.groete.


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.