peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


finalgodbookcover.. - Newest pictures
mericale.peperonity.net

Net 1 Weg...

Geen draadsitters toegelaat nie.Lees-Mat.12:22-32.

Wie nie aan my kant is nie,is teen My en wie nie saam met My die skape bymekaar maak nie,jaag hulle uitmekaar.(vers 30)
Wat die Here Jesus betref is daar net 1 weg.met Hom of sonder Hom.Daar is nie 'n midde weg nie.Jesus ken en aanvaar nie 'n dubbelweg nie.Die breë pad,of die smal padjie.Elkeen kies die lewensweg
Wat hy wil stap.Daarom moet'n mens duidelik weet of jy aan sy kant is of nie.Mense wat weifel,word nie ernstig opgeneem nie.Hulle word as huigelaars beskou.Hulle probeer om albei kante tevrede te stel.
Jesus sê dat daar GEEN samewerking tussen Hom en die duiwel kan wees nie.Hy het juis gekom om mense uit die duiwel se kloue te red.
Dit geld ook vir sy volgelinge,of hulle maak die skape bymekaar,of hulle jaag hulle uitmekaar.Jy trek iemand na Jesus toe aan,of jy stoot hom af.
Daarom moet ons sterk standpunt inneem.Ons moet deur ons gebede die "sterk man"vasbind,sodat ons die mense uit sy huis kan bevry.
Ons moet ook versigtig wees wat ons oor die Heilige Gees sê.Hy werk soms op wonderlike,onver-wagte maniere.Moenie sy werk aan die duiwel toeskryf nie.Dit is'n sonde wat nie vergewe kan word nie.
1 WAT GROTER IS~Lees Mat.12:38-50.EN HIER STAAN 1 WAT GROTER IS AS SALOMO!(Vers 42)
'n Eks Moslem kla:Ek is kwaad vir die Christene.Ek het saam hul grootgeword,ons buurman was ouderling,en nie 1 van hulle het die moeite gedoen om met my oor Jesus te praat nie.Hy het as
Getroude man vir die 1ste keer die evangelie gehoor op'n manier wat hy kon verstaan,en Christus as Verlosser leer ken.
Jesus is vir ons so alledaags,dat ons nie aldag besef wat
Watter wonderlike Persoon Hy is nie.Gevolglik soek ons nie doelbewus geleenthede om ons geloof met ander te deel nie.
Is ons bang,vir aanvalle of te skaam om oor Jesus te praat?Ek was al gesê jy loop met die Bybel onder jou arm.Mens ek gee nie om nie,want ek is nie skaam vir JESUS nie,Hy sê dat ons Sy Naam moet eer,Hom ken!As ons ons skaam,hoe kan Hy ons erken by die Vader?Wat is die mens?
Wat is vir jou die belangrikste ~ wat mense van jou dink of Jesus?Die tyd op aarde is net 'n vergunning,genade wat God ons Vader vir ons skenk,
Hierdie aarde is net ons tydelike woning!Jy vat niks met jou saam nie,die liggaam keer terug tot stof,die siel leef voort.In Jesus se tyd was dit ook so.Die fariseërs het Jesus ook gesien as'n nuwigheid,en hulle het bewyse gesoek dat Hy 'n vals profeet is.Daarom hulle uitdaging dat Hy vir hulle'n wonderteken moet doen.Hy was nooit
Gereed vir vertoon nie en het toe reeds soveel wonderwerke gedoen dat hierdie versoek duidelik nie eg was nie.
Hy het dus hulle versoek geweier. Hy wys daarop dat die koningin van Skeba(vandag Jemen)deur Salomo re wysheid oortuig is.Die mense van Nineve is deur Jona se prediking oortuig,maar nou dat die Seun van GOD met hulle praat,
Word hulle nie oortuig nie.Dit is interesant om op te let dat Jona vir Jesus'n werklike persoon wat werklik 3 dae in'n vis was,wat seker'n einde bring aan die debat oor Jona en die vis.
Jesus voorspel dat hulle selfs nie deur die teken van Christus se dood en opstanding oortuig sal word nie.En dit was toe ook so.
Watter ander bewyse wil vandag se mense hê voor hulle oortuig sal word?Ons mis so baie omdat ons nie gewillig is om te erken dat Jesus is wie Hy is nie.
Of omdat mens dink daar is nog baie tyd,ek gaan my lewe eers in die wêreld geniet,of more is die dag.Liewe leser die uurglas is besig om leeg te loop.Kies vandag,maak die regte keuse in jou lewe.Leef rein voor God.Elkeen kry die geleentheid!
Die tyd gaan aanbreek,wat die deur toegemaak word,en Hy gaan sê:Gaan weg Ek ken jou nie!Dit is jou keuse.Gebed:Here, help ons om van vandag af duidelik te wys aan wie se kant ons staan.Here Jesus,ons aanbid U vir wie U is.Dankie dat Uself aan my geopenbaar het en my die regte geloof geskenk het.Vader ek pleit en smeek U
Vader,dat elkeen wat U nie ken nie,U die Heilige Gees sal stuur om mense se harte aanteraak.Vader, neem die verharding weg,die mure breek dit van hulle af wat hul om hul gebou het.Pappa Vader,ek loof U,prys U,dankie vir U hand in ons lewe.Al die lof en die eer kom U toe.Halleluja!Amen.
Mag vandag 'n geseënde tyd,in u lewe wees.Mag u wat nog nie die regte weg stap nie,vandag die keuse maak van die ewige hel of die ewige Lewe.God wil niemand verlore laat gaan nie.Hy het Sy enigste Seun gestuur vir jou en my om ons te verlos,te red..so Lief het Hy ons.Maar die keuse is vir jou en my wat ons besluit.My wens is dat u die regte keuse sal maak.Mag ons Vader elkeen aanraak en seën tot Eer en verheerliking van Sy Heilige Naam.Die vrugte sal dra en die oes groot.U sy Seëninge sal ontvang,en Hy deel wees van u lewe.God Bless 2 u all :-) (ns)Gaan deur elke titel asb:kry kos vir u siel,kom los gerus 'n boodskap,kom gesels in Life chatroom.
Ek is nie 24 h op nie,maar maak deur die dag verskillende tye,en in die aand my opwagting,ek los ook elke dag nuwe tekse in die chat rooms behalwe in life chatroom vir die wat wil gesels, en dankie dat u besoek,deel en kom gesels en boodskappe los as u so voel.As u hulp ,bystand of net wil gesels voel vry om dit te doen.Groete


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.