peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


cross - Newest pictures Comics/Fantasy/Anime
mericale.peperonity.net

In die vallei van die Kruisboom.

Met Maretha Maartens.

Christ died upon the cross 4 no reason except this;it had 2 happen,it was an absolute necessity,there was no other way whereby man could be forgiven-(Martyn Lloyd Jones)
My naam is "Netan'el"het die vreemdeling homself aan ons voorgestel."Kom drink'n koppie tee by my."
Aangename kennis,Netan'el,het Hennie en ek gesê(Maretha Maartens)en vlugtig verbaas na mekaar gekyk.Om op 'n sypaadjie in die gegoede Rehaviah woonbuurt in wes Jerusalem deur'n onbekende Jood sonder omhaal van
Woorde op die Sabbatdag vir tee genooi te word is ongewoon,hoe jy ook al daarna kyk.
Ons aanvaar die uitnodiging,gaan deur'n poort met trappe ondertoe en betree'n lowergroen tuin met'n klein tuinhuis aan die onderpunt.
Netan'el roep na'n vrou,maar niemand kom te voorskyn nie."Sy slaap seker,"maak hy verskoning."Ons sou gaste vir ete gekry het,maar soms gebeur dinge maar net nie soos wat'mens dit beplan nie.
Ons gaan dus alleen kruie tee uit Jordanië drink.Dis 'n mengsel wat as deel van'n gemeenskapsopheffingsprojek onder die Bedoeïene aan toeriste verkoop word.
Ons drink die suikersoet tee en hy wys vir ons kunstige dinge wat hy gemaak het.Ons praat oor Jordanië,wat op ons reisplan is,oor
Joodse argitektuur,oor Bedoeïene en oor die nagtemperatuur in die woestyn in diè
Tyd van die jaar.Hy vra of ons al by die klooster was."By die klooster?"
"Die Klooster van die Heilige Kruis,"sê hy."Net hier onder in die vallei."
"Hoe kom 'n mens daar?"vra ons."Ek sal julle neem",sê hy."Julle moet na die mosaïekvloere gaan kyk." Ons kyk
Weer vir mekaar.Dis 'n Griekse Ortodokse klooster en dit is nie op ons reisplan nie,maar Netan'el voel ernstig oor die saak.Hy lei ons daarheen.
Onder die laaste brug lig hy sy hand om te groet.Hy draai om en verdwyn agter pilare en brugkonstruksies.
"Dit voel vir my asof ons...met'n engel in aanraking was sê Hennie uit die bloute.Later het ek die betekenis van sy naam nageslaan.
Netan'el, het hy nadruklik gesê,die lettergrepe afgekap en met die klem op"el"omdat dit 1 van God se name is.
Netan'el beteken:God het gegee.EL,die Godsnaam -El is 1 van die Godsname en kom omtrent 200 keer in die BYBEL voor.El is die vereenvoudigde vorm van Elohim,die 1ste naam waardeur God homself in die Woord aan mense openbaar.
Die Godsnaam El word gewoonlik in samehang met woorde en frases gebruik wat die eienskappe van God beskryf:
EL HANE'EMAN-die troue God(Deut 7:9),El HaGadol-die grote God(Deut 10:17) El HaKadosh-die heilige God(Jes.5:16)
El Yisrael-die God van Israel(Ps 68:35) El HaShamayim-die God uan die hemele(Ps 136:26), El De'ot-die God van kennis(1 Sam 2:3),
El Emet-die God van waarheid(Ps 31:6),El Yeshuati-die God van my heil(Jes 12:2),
El Elyon-die allerhoogste God (Gen 14:18),Immanu El-God met ons (Jes 7:14),El Olam-die ewige God (Gen 21:33),El Ebhad-die enigste God (Mal 2:10).
Ons kom by die klooster aan.Dis'n fortagtige antieke gebou waaroor daar talle legendes is.Een davan is dat slegs 2 monnikke en 1 van die 2 se bejaarde ma in 1985 in die meer as 300 vertrekke gewoon,gemediteer en rondbeweeg het.
Dat hulle die enigste bewakers van die klooster se kosbare skatte,maar ook die enigste bewaarders van die boomwortels diep
In die hart van die gebou was.In 1986 is'n gedeelte van die gebou egter vir die publiek oopgestel en het die misterieuse,ou gebouekompleks weer begin lewe.
Ons stap dus deur die ou poort binnetoe en weet dadelik:hierdie klooster is'n plek v stilte,afsondering en gedempte stemme.Ons dwaal
deur stil skemer gange,deur'n museum vol houtengele en deur'n ou kombuis met skottels en oonde uit die 16de eeu.
Ons gaan soek die Bisantynse mosaïekvloer uit die 4de eeu waarvan Netan'el ons vertel het.Daar is min daarvan oor en dis lanklaas gepoets
Skielik sien ons 'n groot kruisigingstoneel is'n baie ou skildery van Lot wat besig is om 'n vreemde boom water te gee.Ons is in die kapel v Lot.
"Kyk sê Hennie,kyk hoe lyk Maria,so 'n skildery van Maria het ons nog nie gesien nie.Haar lang los hare is kleurloos grys,soos as.Sy dra'n kleed wat oopgaap;haar
ribbes kan getel word.Sy staan heeltemal alleen,gestroop,oud-'n vrou deur wie se siel 'n dolk gegaan het.
Maar hoekom,vra ek is die kruisigingsskildery so anders?Hoekom is Lot hier?Hoekom die skildery van Abraham wat die 3 engele ontvang,met Sarai op die agtergrond?
Waarom die prent van Lot en sy dogters i.p.v. 'n uitbeelding van die vroue,die soldate en skare by die kruis op Golgota?Hoe hou al hierdie dinge met mekaar verband?
Lees hier,sê Hennie en hou 'n pamflet wat hy by die ingang ontvang het,na my toe uit,en ek,wat enkele weke tevore deur weerlig wat ons silwereik oopgeklief het,gekonfronteer
Is as'n simbool van die Goddelike toorn en straf wat Jesus aan die kruis getref het,voel hoe my bene lam word.
Skryf van die kruis,het die Here op baie maniere na die vernietiging van die silwereik vir my gesê.Die kruis was 1 maal'n boom gewees.Ek draai my oë van Maria af weg en staar na die uitbeelding van Lot wat 'n jong boom met 3 verskillende soort takke en blare
Met water uit 'n kruik natmaak.Die onmoontlike het gebeur.'n Stuk oorlewering,'n verhaal wat in 'n ANTIEKE Siriese manuskrip vertel word,ontvou in die kapel van'n klooster waarvan ek nie geweet het nie,omdat 'n onbekende man wat homself as
Netan'el bekend gestel het,by ons aangedring het om hierheen te kom...Die verhaal v die kruisboom begin eeue voor di menswording v Christus.Die aartsvader Abraham ontvang besoek v 3 manne(Gen.18)wat hom meedeel dat sy bejaarde vrou
Die vlge:jaar lewe aan 'n seun sal skenk.Hulle sê ook vir hom dat Sodom en Gomorra verwoes gaan word.
Abraham pleit vir die 2 verdoemde stede en uiteindelik gaan 2 van die engele tot by Lot se huis waar hulle hom waarsku en die hele gesin na veiligheid probeer lei.
Lot se vrou verander in 'n soutpilaar,maar Lot en sy dogters haal die dorpie Soar.Uiteindelik woon hy saam met sy dogters in'n grot in die berge.SY
Dogters maak hom dronk en slaap om die beurt by hom,albei word swanger en hulle
Nageslagte staan later as die Moabiete en Ammoniete bekend..Volgens oorlewering het Lot
Goed geweet hoe groot sy en sy dogters se sonde was.Hy wend hom tot Abraham en vra vir hom:
Sal God my/my dogters ooit kan vergewe?Abraham het geantwoord:Toe die Here en sy 2 engele by my was
Het hul elkeen'n staf by my gelaat.Neem nou die 3 stawwe,plant hulle en maak hulle nat met water
uit die Jordaanrivier.As die droë hout uitloop op en groei,sal jy weet,die vloek is opgehef en jy is vergewe,God reken jou jou sonde nie toe nie.
So gesê,so gedaan.Groot was Lot se vreugde toe die 3 stawwe uitloop en 3 klein boompies-'n sipres,denneboom en'n seder,daar begin groei het.
Die duiwel het Lot keer op keer aangeval wanneer hy die boompies water wou gee.
Maar Lot het oorwin.Vir hom en Abraham het die boompies net 1 boodskap gedra:God vergewe,God is genadig.
Deur die jare het die stamme en takke verstrengel geraak,sodat Lot se boompies in werklikheid
'n drogboom van 3 verskillende soort hout geword het.Die Israeliete het die boom geken.
Toe hulle baie jare later die wette van Moses ontvang,waarvolgens skaap,bokwol, houtsoorte ,verskillende materiale nie in dieselfde voorwerp
vermeng mag word nie,het die boom van Lot vir hulle'n simbool van sonde geword:Lot se sonde,sy dogters
se sonde,die sonde van onreinheid en onsuiwerheid.
Toe breek die Paasfees v Jesus Christus se verhoor en kruisiging in Jerusalem aan.
Jesus verskyn voor Pontius Pilatus en word tot die dood veroordeel.Die oorlewering lui:
Pontius Pilatus het om baie verskillende redes gebied dat die vloekboom van Lot afgekap en Jesus
se kruis davan aanmekaar geslaan moes word.Hy het geweet hoe diep die Jode'n boom van 3 soorte hout verag en gevrees het.
Hy het besluit om Jesus Christus aan'n vloekhout te laat hang.Vanwee die onreëlmatigheid van die ineengestrengelde
stam en die verskillende teksture v die hout,sou Jesus meer ly as ander gekruisigdes.
Volgens oorlewering was die kruis dus tegelykertyd vloekhout en wondersimbool v lewe,vergifnis en genade.
Die sondelose het aan die boom v sonde gehang-die
Seun v God het die straf wat vir sondaars bedoel was,aan die vloekhout gedra.
Ek het afgekyk en die helder verligte kripta in die vloer gesien.2 000j se opgeboude strata
was deur die opening sigbaar.Rondom die opening was daar'n uitbeelding van die 3 bome wat saam die kruisboom sou word.
Hier het die Kruisboom volgens die oorlewering gegroei:vloekhout, seënhout,simbool v sonde,simbool v genade en vergifnis.
Oor hierdie verhaal sprinkel ek verwondering en dankbaarheid.-Groete.


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.