peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


Newest pictures Animation Animated
mericale.peperonity.net

Nuwe Veerkrag/Nuwe Begin

365 dae 'n jaar op'nuwe begin 'n Bonus!God het elke dag so gemaak dat dit'n nuwe dag is!

Omdat Jesus vir jou/my leef,daag daar'n nuwe dag.Hy is die 1 wat alles nuut maak.
Reik uit na Hom in gebed.As u in 1 opsig faal,maak dit nog nie van jou'n mislukking nie.
Ons val beslis almal,maar dis hoe lank jy bly lê wat tel.Staan op,begin van voor af,en jy sal die vreugde ervaar van'n nuwe begin saam met Jesus.
In ons bediening loop dit oor van pyn veranderings in verhoudings,ook
Vordering op die reis na begrip vir ander,1 muurkaartjie wat sê,Vreugde is nie
Die afwesigheid van lyding nie,maar die teenwoordigheid van God.
Almal beleef pyn/smart,maar die teenwoordigheid v God kan ons soos'n
Warm,vertroostende kombers beskerm en beskut en die diep,innerlike vreugde na die oppervlak laat kom,
Selfs in die haglikste omstandighede,ek weet.Hier is'n gedig gebruik om
Om myself en ander te help om die verlede met al sy hartseer,foute los te laat en vas te hou aan God se beloftes vir vandag.
Lees dit en belowe God om vandag te begin om'n nuwe uitkyk op jou probleme en pyn te begin vorm.
BEGIN VANDAG:Droom nie te lank oor môre se take,Hoe goed jy jou lewe gaan bestuur,
Van môre is daar vandag geen sprake,Vandag is hier.Moenie spog oor berge wat jy sal klim nie,terwyl jy
In die vallei nog rus,'n droom is goed,maar voor jy nie begin nie,Kom niks tot iets.
Praat nie veel oor nuwe planne wat jy meen om later klaar te kry;Wie slaap word al moeiliker wakker,
Dan's als verby.Neem jou nooit voor om te verbeter,Eers as die nuwe dag daag;
As jy sukses wil verseker Begin vandag...
*****
Moet nie wag v Nuwejaasvoornemens nie,hoekom 'n hele jaar wag om te probeer om'n fout reg te maak,en vind boonop da wanneer ek veranderings uitstel,ek nooit verander nie,jy hoef nie te wag vir Nuwejaarsdag nie,
- hulle bring die hele jaar lank genesing en geestelike welsyn.Hier volg my lys van voornemens:-)
*Ek sal my,soos Paulus,losmaak van wat agter is,en uitreik na die toekoms.
*Ek sal,soos Dawid,my oë ophef na die berge,vanwaar my hulp kom.
*Ek sal,soos Abraham,volkome op God vertrou.
*Ek sal,soos Henog,elke dag in gemeenskap met my hemelse Vader leef.
*Ek sal,soos Josafat,my hart voorberei om God te soek.
*Ek sal,søos Moses,eerder kies om te ly as om die genot van sonde te beleef.
*Ek sal,soos Daniël,te alle tye met God in kontak bly.God as my bestuurder van my hele lewe.My Verlosser,Saligmaker.My Vader.
*Ek sal,soos Job,geduldig bly onder alle omstandighede.
*Ek sal,soos Gideon,vas staan selfs al is my vriende min.
*Ek sal,soos Aäron,die hande van my geestelike leier omhoog hou.
*Ek sal,soos Jesaja,my toewy aan die werk van God.
*Ek sal,soos Andreas,daarna strewe om my broer te lei tot'n intiemer wandeling met Christus.
*Ek sal,soos Johannes,rus op die Meester se bors.
*Ek sal soos Stefanus,vergewensgesindheid openbaar teenoor almal wat my benadeel.
*Ek sal,soos die hemelse leërskare,die boodskap van vrede en welbehae verkondig.

Ek weet dat hierdie lys van voornemens moeilik uitvoerbaar is.Miskien dink jy dat slegs'n geestelike reus al die dinge sal kan regkry.
Maar selfs geestelike reuse het begin deur die 1ste tree te gee.AS
Jy soos'n geestelike dwergie voel,moenie moed opgee nie.Selfs al kan jy net 1 van die voornemens uitvoer,maak jy al werklike vordering,nie waar nie?
XXXXXXXXXXXXXXXX
My gebed is dat hierdie boodskap jou deur jou hersteljaar sal neem.Ons sal saam deur jou depressie stap.Ek gaan nie hope raad op u afdwing of neergooi nie.
Raad is soos reën-hoe sagter dit val,hoe dieper sink dit weg!Begin jou nuwe begin vandag.Deur die site volg daar titels en daar gaan nog kom.Welkom u is nie alleen nie.groete Rosie:-)


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.