peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


Newest pictures Animation Animated
mericale.peperonity.net

SPATELBEDIENING

Desperaat,Bevrees,Pyn,Hartseer,Deppresief,Eensaam...

Wanneer jy so voel en net wil opgee,paniek beleef wil ek u vra
Om u saak vir die Here oortegee,dan sal u voel hoe die las van u afrol,stadig en geleidelik werk God in jou.
Hy gebruik ander Christene om u te help.Herstel vind geleidelik plaas.Stukkie vir stukkie sal u van die plafon af begin loskom.
Wat mens regtig nodig het,is iemand wat kan sê:Ek was presies waar jy is.EK weet hoe jy
Voel,want ek het dieselfde ondervinding gehad.En die goeie nuus is dat jy kan oorleef!
En dit is waaroor Spatelbediening gaan-Ons was styf vasgeplak teen die plafon,en is besig om te herstel.Ons is die spatsels wat nodig is om u van die plafon af te skraap en u op die pad na herstel te plaas.
Hoe dank ek die Here nie vir elke persoon met wie ek hierdie las deel-of hy nou teen die plafon sit,of besig is
Met skraapwerk.Wanneer mens soms wonder waarvoor mens uithou,onthou dan van die uiteindelike beloning:om voor
Die Here te staan en te weet dat ons die goeie stryd gestry , en die geloof behou en die wedloop voltooi het.

OM VIR DIE HERE TE WERK:Dis wonderlik!Die salaris is nie veel nie,maar die aftreeplan is eenvoudig iets uit'n ander wêreld.
My bediening is om elke mens daarbuite wat pyn verduur ensovoorts
Te help...om mense regop te hou wanneer hulle nie instaat is om self regop te staan nie.Ons is die stutte,so is daar ander wat my weer help staande te bly
Wanneer die golwe van moedeloosheid en wanhoop kom.
Die Vader skenk aan almal 'n bediening,ek weet ek moet hier wees,om ander wat besig is om onder te gaan,regop te hou.Ons kan'n liefdevolle hand wees in'n diep,swart put-'n
Verfrissing.Wat 'n seën is dit nie om 'n stut te wees nie!
God kan elkeen gebruik wat beskikbaar is,en sê vir God dankie dat jy sal herstel - al neem dit ook die res van jou lewe.
Neem dus Jesus se hand as die enigste 1 wat jou kan deurhaal,en my hand as iemand wat reeds die pad geloop het,so ook kan jy Clubchatters-Menora en Blondchick-BB, besoek hulle werk ook vir ons Vader,
Hulp is daar vir u,saam kan ons oorwin!Dit sal nie'n vinnige reis wees nie,maar u moet daardeur groei,maar jy sal øorwin.
Ek wil nie hê u moet ondergaan nie,maar ek wil graag dit wat vir my en ander in dieselfde bootjie gewerk het met u deel.
JOU HERSTELJAAR-Begin by nuutheid en om die verlede agter te laat,(2)Konsentreer op onvoorwaardelike liefde & vergifnis-dit vorm die fondament vir die herstelproses
Dit is nodig om stadig en versigtig voortbeweeg terwyl ons vorder en groei,dit wat stadig groei,hou stand.
Wil nie hê dat u emosionele hoogtes moet beleef en dink dat u dit gemaak het,net om dan weer van voor af platgeslaan te word as 'n nuwe probleem opduik wat jou in die see
Insleep en jou opnuut in jou smart verdrink nie.Jy hoef nie weer terug te draai nie!
3.Dan leer ons hoe om die werklikheid te hanteer-so aaklig dit soms is.Wanneer jy weet dat u van voor af kan begin,en wanneer jy stewig geanker is in die onvoorwaardelike liefde van die Here,kan jy die moeilike tye in die lewe aanpak.
4.Pret-Ons het soms nodig om weg te kom van die werklikheid af nie waar nie?Net bietjie jou kop skoon maak.
Dan is dit HOOP,Teen die tyd het jy al geleer v die bestaan in die dieptes,en jou tog al boontoe begin het,Jy sou al geleer het om vir jouself/die lewe te lag.Dan aanmoediging,jy die lig aan die einde v die tonnel kan sien,jy sien die
Van die tou om u daaraan te herinner dat u kan vasklou-en selfs opklim.GLO dat u deur u smart sal kom en lig u swak hande en seer hart op.Leer om positiewe stappe te neem om u lewe en die wêreld te verander.Ons sit dalk vasgevang in die woestyn,maar ons kan die woestyn heel goed laat lyk met die versierings wat ons kies!
Herstel en oorlewing is binne ons bereik.Ons kan die pad saam loop,terwyl ons die smart/teneergedruktheid geduldig verdra,soos ons uit die vallei boontoe groei na die bergtop.u sal elke keer anderkant uitkom sterker/gelukkiger as vantevore.Jy sal vinniger terugwip en nie so lank onder bly nie.Jou nuwe rek het meer veerkrag.
Niks is volmaak nie,met ons groei leer mens om te aanvaar,geniet en waardeer wat ons het.LEER om los te laat en dit in dankbaarheid te ervaar vir wat God doen,ons bes doen en alle pyn af te lê,dit laat gaan en in God se hande laat.
Ons leer ook om probleme te hanteer,ons sink en verdrink nie meer nie,want ons is mense wat oorleef het.Getoets en het die vuurdoop geslaag.Ons getuigskrif=Ons is Wenners!Ons het oorwinning!As u da kom vind u dat die vreugde v die Here soos muurpapier teen u hart vasgeplak geraak het en dit nooit loskom nie.Diep blywende vreugde sal joune wees in elke lewensituasie.Jy sal slaag,jy sal hoop,moed,volwassenheid en vreugde hê.Ware vreugde is wanneer God in jou woon.-Lees asb titels in site deur,da gaan nog kom vat ma tyd om te voltooi.Mag vandag die begin word v herstel-gee jouself die kans,:-)


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.