peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


Newest pictures Animals/Nature
mericale.peperonity.net

VIER-MYSELF-DAG!

1 Dag per week net doen wat jy vir jouself gun,tyd maak vir jou,

Ek vier myself!Ek is alles werd.Ek is uniek.In die wye wêreld is daar net 1 ek.Daar is net 1 mens met my talente,my ervaring,my gawes.
Niemand kan my plek inneem nie.God het net 1 ek geskape,kosbaar in sy oë.My ouderdom,kleur,en of ek as kind geliefd was,maak nie saak nie.Laat dit alles vaar.Dit behoort tot die verlede.Ek behoort aan nou!
Waar ek vandaan kom,of die foute wat ek gemaak het of die pyn wat ek gely het,maak nie saak nie.Ek is vergewe.Ek word aanvaar.Ek is goed genoeg.God het my lief tenspyte van alles.Ek vier myself!Ek begin nou!
Ek is vandag tydelik hier en môre weg..maar vandag,vandag kan'n nuwe dag wees,'n nuwe begin.Hierdie aardse omhulsel sal 1dag verdwyn,ingeruil word vir'n wit kleed-tot dan het ek vandag om te geniet want ek verdien om myself te vier!
Gebruik die bonus dae om net vry te wees,styfheid af te gooi,herwin spontaneïteit,sodat jy vrede kan vind in jouself.Jy verdien hierdie bonusdae!Geniet dit!Ons kan nie werklik ons hele lewe oor lewe nie,maar ons kan vordering maak van waar ons nou is tot waar God ons wil hê.Die enigste keer wanneer dit te
Laat is om ons lewe te verander,is wanneer ons by die hemel k6 - God se ewige vandag....BEGIN WEER:Elke dag is'n
Vars nuwe stonde.Elke dag staan die wêreld nuut op.O mens,so belaai met smart en sonde,Hier's vir jou heerlike hoop:
Elke dag is'n vars nuwe stonde;Luister,my siel,na die blye refrein.Tenspyte van smart en van sonde,Skep moed vir vandag,dis 'n nuwe begin!~Susan Coolidge~
GOUE MINUTE:Om te pas by die tema v weer begin,volg hier nou'n gediggie oor die minute v die lewe,so klein dat hulle maklik verlore raak,maar so belangrik dat hulle die toekoms kan vorm.
Neem hierdie boodskap ter harte en moenie jou minute verpil nie,die "kleingeld" van vandag se "kontant".
Goue minute~2 of 3 minute,2 of 3 uur Wat beteken hulle in ons lewe hier?Maar minute is goud,ure is kosbaar
As ons hul gebruik elke dag om geluk te verspei,'n mens te laat lag.'n Minuut kan iemand se trane afvee,'n Uur kan jare se sorge wegvee.Minute van my tyd kan 'n einde bring aan wanhoop êrens,en 'n nuwe vriend/vriendin!
"*x*x*x
God gee die lewe se finale telling wanneer die wedstryd verby is.Die wedstryd is nog aan die gang !
Dit is nie verby voor dit nie verby is nie!Weet dit is moeilik om verlede los te laat,vir vandag te leef en hoopvol te weer oor môre.
God belowe nie dat ons teen halftyd sal voorloop nie,maar Hy het wel belowe dat ons die wedstryd sal wen!Om op God te wag,is om te rus in plaas van te bekommer.Maar jy kan maak of jy wag.Het jy dit al ooit gedoen?
Ons almal het al.Ons kan innerlik kook en daardie plastiekglimlag opsit wat sê dat ons vrede het wanneer ons dit nie het nie-ons is innerlik siek en paniekbevange.
As jy jou mislukking met mense se opinie vergelyk,sal jy in die dieptes beland en maande lank da bly,as jy dit met die Here se goedheid vergelyk,wat duur van ewigheid tot ewigheid,kan jy nie onder bly nie.
God gebruik selfs ons mislukkings om beter mense van ons te maak.Jesus het mense gesien nie gesien soos hulle was nie,maar soos hulle bestem was om te wees,gevul met sy Gees en toegewy aan sy werk.Daar is niks verkeerd met mislukking nie.
Daar is baie verkeerd met moed opgee.As jy vasgeplak sit teen die plafon a.g.v. Mislukkings in u lewe,moenie moed opgee en daar bly vassit nie.Kry hulp sodat u van die plafon afgeskraap kan word en begin herstel.God sal u nie daar teen die plafon los nie!Hy
Sal genesing,geduld en troos gee wanneer jy dink jy kan nie nog'n dag langer nie.Moenie oor die verlede treur nie,verheug jou daarin dat God reeds die toekoms beplan het!
Maak nie saak hoe oud mens is nie,om te leer nie,hierdie lesse is elke bietjie studie en oefening werd wat ons aan almal kan wy.

'NUWE DAG: - Hierdie is die begin van'n nuwe dag.God het aan my hierdie dag gegee om te gebruik soos ek wil.Ek kan dit verspil of dit ten goede gebruik,maar wat ek vandag doen,is
Belangrik,want ek verruil'n dag van my lewe daarvoor!Wanneer môre kom,sal hierdie dag vir altyd verlore wees,en in die plek davan iets wat ek daarvoor verruil het.EK wil hê dat dit wins moet wees,nie verlies nie,goed en nie kwaad nie,sukses en nie mislukking nie,sodat ek die prys wat ek daarvoor betaal het,nie sal berou nie.
Leer om te lag,dis beter as medisyne.Leer die kuns aan om mooi en bemoedigende dinge te sê.Leer om alles wat wrywing kan veroorsaak te vermy.Sien die mooi raak/hou die lelik van ander vir jouself.Leer om met 'n glimlag te groet
Deur die natheid van jou trane sal jou smart begin glinster.Jou konstante gewoonte om 'n versamelaar van vreugde te wees,sal jou terapie wees.Maak al die dinge bymekaar wat verhef,nie neerdruk nie.Jy het aanmoediging en opgeruimdheid nodig.Begin daarna soek!
EN ONTHOU! Hoe ons na die lewe kyk,kan bepaal waar ons vreugde sal vind in ons oefening om weer te begiin.Wat ek jou toewens:~dat jy vreugde in smart sal vind,die verlede sal loslaat en die toekoms sal aangryp wat God vir jou beplan het.
Moenie oor die verlede bekommerd wees nie,en moenie probleme by die toekoms leen nie.
Wees dankbaar dat God vandag aan jou gee,en bestee vandag se kontant verstandig.Begin vandag weer voor,en vertrou God se vergifnis om vir gister te sorg,en sy genade vir môre.


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.