peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


keep praying - Newest pictures
mericale.peperonity.net

Lewe Naby God

Lees Gen.5:1-25+Gen 6:4.

Henog het naby God geleef(24)"Wat saak maak,is nie hoeveel jare in jou lewe was nie,maar hoeveel lewe in jou jare,"
En Henog gee vir ons'n idee van hoe ons ook ons jare sinvol kan vul.Die Bybel vertel nie meer oor hóé Henog naby God geleef het nie.Die Ou Vertaling praat letterlik van"met God gewandel."
Hy het dus nie heeldag in sy tent gesit en bid nie,maar was in 'n lewende verhouding met God oral waar hy rondgegaan en gewerk het.Het jy al so bewus geword van God se teenwoordigheid terwyl jy met jou daaglikse werk besig is?Die kortste versie in die Bybel sê:"Bid gedurig"(1 Tess 5:17)Hoe kan jy dit doen?Is dit nie deur God oral met jou saam te neem nie?Want Hy is tog daar.Hy is alomteenwoordig.
Ons is net so geneig om van Hom te vergeet.Dink net hoe jou lewe kan verander as jy soos Henog begin lewe.Sal dit 'n verskil maak aan hoe jy jou sport of stokperdjie beoefen?Sal dit 'n verskil maak aan die grappe wat jy vertel?Of aan hoe jy teenoor jou gesin,vriende,familie optree?Of aan hoe jy sake doen of jou werk afhandel?
Probeer Hom vandag in gedagte hou,oral waar jy gaan.Praat met Hom oor alles en almal wat jy sien,hardop indien moontlik.Dit kan dalk ook vir jou die begin wees van 'n lewe "naby God"!GEBED:Here, leer my om met U te wandel.


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.