peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


Newest pictures Animation Comics/Fantasy/Anime Animals/Nature Animated
mericale.peperonity.net

Waarheen gaan u?Ware getuienis

Getuienis,ervaring van Johan Malan.

Heers da vrede en kalmte in u gemoed?Ervaar u te midde van probleme innerlike krag om voort te gaan?Indien u lewe nie oorheersend getuig van vrede,die vermoë om goed te doen en innerlike krag nie,is daar fout.

Mense sal net oor hul eie belang bekommerd wees.Dink hulle is wonderlik en deur hul woorde probeer aandui hoe goed hul is.Geld najaag,sleg praat v ander,kinders ongehoorsaam wees aan hul ouers,Ondankbaar wees,liefdeloos,omwillig om mekaar te vergewe,dinge v God sal nie vir hul lekker wees nie.Plesier belangriker as God.
Welkom!Dankie vir jou tyd.Die titel sê als.Waarheen gaan jy?Johan sé Ek het kategeseskool gehou,in verskeie gemeentes op kerkrade gedien,bidure gelei en tog het ek nie wedergeboorte ervaar nie.Ek was tot op 36jarige ouderdom'n getroue kerkganger.
Die ergste van alles was dat ek dit nie geweet het nie,want die satan het my mislei .My geloof was in my kop en nie in my hart nie.2Tim 3 het vir my gegeld.Paulus verduidelik daar hoe dinge in die laaste dae sal wees.
Godsdiensdadige dade doen,ma die krag v die Heilige Gees sal vir hulle vreemd wees.Dis hoe ek was sê Johan,en het dit nie besef nie,omdat hy geestelik blind was.Hy dank die Here dat hierdie geestelike blindheid in Jesus verbreek is(2 Kor 3:16)
Ek het gedink dat ek nederig was.ma myself gehandhaaf(Mat 5:38)As mense vir my probleme gee wou ek hulle terugkry-ek was immers belangrik.Dit terwyl Jesus sê:bid vir die wat jul beledig en vervolg,sodat julle kinders van julle Vader in die hemel kan word.Ek het gedink ek is gedissiplineerd, maar het voortdurend te vinnig gery en kwalik by stopstrate gestop (1 Petrus 2:13)
Op'n stadium het die Heilige Gees my gebring by Joh.8:41. Waar die Jode vir Jesus sê dat God hul Vader is.Jesus sê egter vir hulle dat hulle die duiwel as vader het( Joh 8:44).Die Gees het my hart oopgemaak om te besef dat hierdie Jode deur die duiwel beheer is ondanks die feit dat hulle hele lewens waarskynlik om godsdiens gedraai het en hulle seker was dat hulle die ware God gedien het.
Die vraag het toe by my ontstaan hoe ek dan kan weet of Jesus nie dalk ook vir my sê dat die duiwel my vader is nie.Die Here het hierdie vraag in my hart gesien en my gebring by Joh.7:38.Hier sê Hy:"Hy wat in My glo soos die Skrif sê:strome van lewende water sal uit sy binneste vloei."
Toe die Here my help om oor my lewe terug te kyk,het ek besef dat ek ondanks al die godsdienstige dade wat ek verrig het,daar nie strome van lewende water uit my binneste gevloei het nie.Die Heilige Gees kon nie deur my mense na Jesus toe trek nie.Ek het eerder mense van Hom af weggedryf.Deurdat ek myself'n Christen genoem het,kon die duiwel my gebruik om skade te doen aan die koninkryk van die hemele ,dit kon hy deur my liefdeloosheid, ongeduld en geïrriteerdheid,toe het ek besef dat ek nog nooit my hele lewe aan Jesus oorgegee het nie.Agterna het ek
Ek verstaan dat die Heilige Gees was wat my oortuig het.Ek wou beheer hou oor 1 spesifieke deel van my lewe,waarvan ek toe bewus was.Ek het hierop my lewe aan Jesus oorgegee en toe het Joh 3:3.in my lewe waar geword sê Johan.Die Here het my wederbaar en ek het geweet-iets het gebeur.Ek het die Heilige Gees in my lewe ervaar deurdat die vrede van die Here in my hart begin heers het( Kol 3:15).Ek het skielik'n liefde vir die Bybel ervaar.Na baie jare se lees van die Bybel,het dit skielik vir my lewend geword.Ek het ervaar dat die Here met my praat deur hierdie boek.
Die Here het begin om liefde, lankmoedigheid en vriendelikheid in my te werk.Ek het die lewende God begin ervaar.Ek het gesien hoe Hy mense se harte aanraak en mense van siekte genees.Aan die ander kant het die hele struktuur van my denke en gevestigde idees inmekaar gestort.Die Here is egter getrou en deur die proses van rekonstruksie,het Hy my staande gehou ondank'n felle aanslag van die bose om my in ander dwalings vas te vang sê Johan.
Ek het altyd gedink dat die Here daar ver iewers moet wees.Nou het ek besef dat hy baie naby is.Ook u kan Hom ontmoet en ken( Joh.17:3.)Bereken egter eers die koste.Jesus sê in Joh.12:25."Wie sy lewe liefhet,sal dit verloor:maar wie sy lewe in hierdie wêreld haat sal dit bewaar vir die ewige lewe."As ons dus probeer om self ons lewens te beheer tot ons eie voordeel,verloor ons die ewige lewe.Ons kan slegs die ewige lewe verkry indien ons totale beheer van ons lewens aan Jesus oorgee.
Dan moet ons dag vir dag Sy wil stel bo ons eie belang en plesier.Daar is dus'n prys om te betaal om die Here te dien.Indien Sy Gees ons egter dring,dan is dit vir ons'n vreugde en nie'n las nie.Die voordele davan is onskatbaar.Die wete dat daar'n liefdevolle God is wat dinge vir jou ten goede laat meewerk,wat vir jou sorg,wat nie toelaat dat dinge vir jou te veel word nie,wat vir jou vrede gee selfs in moeilike omstandighede,wat jou vir altyd in heerlikheid saam met Hom gaan laat woon,is kosbaar bo elke skat op aarde.Niks anders nie:nie rykdom,aansien,geleerdheid of enigiets anders kan u hierdie dinge gee nie.
As u Jesus wil ontmoet,dan kan die volgende u help:Jer 29:13 sê:En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.Roep tot Jesus om genade.Die Here hoor die jong kraaie as hulle roep(Ps 147:9)Hoeveel te meer sal Hy u hoor?Moet dus nie rus voordat u Sy vrede in u hart ervaar nie.
-Gee die totale beheer van u lewe aan Jesus oor.Vra Hom alles wat u nie kan oorgee nie,oor te neem.-Vra dat Hy deur Sy Gees vir u sal wys hoe u voor Hom lyk.-Wanneer die Heilige Gees in u werk,sal u besef dat u sondig en onwaardig is.Hierdie is nie net'n verstandelike besef nie.In Eseg 36:31 sê die Here:"Julle sal vir julleself walglik wees oor julle ongeregtighede."
-Bely u sondes en maak sover u kan met ander mense teen wie u fouteer het reg.Indien u ervaar dat 'n fout wat u gemaak het,bly terugkom in u gedagtes,gaan bid daaroor saam met iemamd wat u seker is u kan vertrou.
-Lees die Bybel soveel u kan.Begin verkieslik by die Nuwe Testament,terwyl u Jesus vra om dit vir u lewend te maak.-Pasop vir misleiding en aanrakings van die bose.Spurgeon het gesê dat al daardie snaakse gevoelens waarvan mense praat i.v.m.bekering,niks daarmee te doen het nie.-Bid dus vir 'n gees van onderskeiding( 1 Kor.12:10.)
Die Heilige Gees gee aan ons liefde vir God en ons naaste,die bereidheid om aan onsself te sterf,stel ons in staat om ander hoër te ag as onsself,om die kwaad met die goeie te oorwin,om getuies te wees en om te kan volhard ondanks teenslae.Eks bevrees dat mense dikwels aanrakings van die bose ervaar deur allerhande vreemde ervarings,denkende dat dit aanrakings van die Heilige Gees is!Bly dus weg van dinge soos val in die gees,hare wat regop staan en warm gloede.Hierdie aanrakings doen niks aan mense se hoogmoed of begeerte om hulself te hamdhaaf nie.
Wanneer probleme,siekte en teenslae kom is daar min krag om aan te hou om goed te doen.Dit veroorsaak ook dikwels seksuele afwykings,nagmerries,vrees en senuwee-ineenstortings. Onthou dat die duiwel ook mense in tale kan laat spreek.Wees dus versigtig vir mense wat u hande wil oplê sodat u in tale kan spreek.Laastens moet u weet dat iemand wat gered is,nie volmaak is nie.Weet dat u sonder die voortdurende inwerking van die Heilige Gees nooit staande kan bly nie.Bly dus in Jesus( Joh.15:1-16)Vra die Here vir 'n gees van gebed en onophoudelike smeking.Span u dan in om voortdurend te bid vir uself,u gesin,u kerk,u land en die wêreld.Die bose sal trag om u kontak met Jesus te verbreek deur vir u strikke te stel(sien bv.2 Tim 2:26)van versoekings,
Wêreldgesindheid en biddeloosheid.Wanneer hy dit regkry,vra om vergiffenis en neem weer die kontak met Jesus op,Hy is steeds daar,dit is nie Hy wat u verlaat het nie.Struikeling moet ons nie moedeloos maak nie,maar net meer oortuig van ons eie totale verdorwenheid en die absolute noodsaak om voortdurend in kontak met Jesus te bly.SO kan Sy Gees voortdurend in ons invloei om die vrugte van die Gees in ons te werk.

So kan Sy Gees voortdurend in ons invloei om die vrugte van die Gees in ons te werk.Hierdie vrugte is liefde,vreugde, vrede,geduld ,vriendelikheid,getrouheid,sagmoedigheid en selfbeheersing.So kan die wêreld dan geestelik gevoed word deur hierdie vrugte wat hulle in ons lewens waarneem.Hierdie voeding is tot die ewige lewe.Mag die Here u seën.*ns:Wil vir Johan Malan baie dankie sê vir sy getuienis.Mag God u behoed en bewaar en u altyd aan Hom vashou.


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.