peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


Newest pictures Animation Animated
mericale.peperonity.net

AS JULLE MY LIEFHET ~ Joh.14:15.(TXT RM)

Die grootste toets wat aan die mens gestel word=toets van LIEFDE:

Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand,en jou naaste soos jouself~Luk.10:27.
Nou is daar egter so baie mense wat sê dat hulle die Here liefhet,maar hulle dade en lewe van elke dag getuig nie daarvan nie.
As u uit genade gered is,dan moet u die vrugte dra wat by die bekering pas.Elkeen wat die Here liefhet moet hulle lewe toets aan die vlge:riglyne van die liefde:AS JULLE DIE HERE LIEFHET. . . . .
*VOER GOD SE OPDRAGTE UIT~As julle My liefhet,sal julle My opdragte uitvoer(Joh.14:15)Wie My opdragte het en dit uitvoer-dit is hy wat My liefhet( Joh.14:21)
*NEEM SY WOORDE TER HARTE~Joh 14:23~As iemand My liefhet,sal hy My woorde ter harte neem;en My Vader sal hom liefhê,en ons sal na hom toe kom en by hom kom woon.
*DRA DAN VRUGTE~Joh 15:16~Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra,vrugte wat sal hou.
*KOM NA SY HUIS~Ps 84:3,5~Ek versmag van verlange na die tempel van die Here. . .Dit gaan goed met mense vir wie U huis 'n tuiste is.
*VOLHARD IN DIE GEBED~Kol.4:2,3~ Volhard in die gebed! . . .bid tegelykertyd ook vir ons.Bid dat God vir ons die deur vir die Woord oopmaak . . .
*BEWYS DIT AAN MEKAAR~Joh.14:34,35~Soos Ek julle liefhet,moet julle mekaar ook liefhê.As julle mekaar liefhet,sal almal weet dat julle dissipels van My is.
*GROEI IN DIE GELOOF~2 Kor.11:15.~Ons hoop dat julle geloof sal toeneem . . .~ 2 Thess.1:3~ Julle geloof neem sterk toe,en . . . word julle liefde vir mekaar altyd meer.
*BELY SY NAAM VOOR DIE WÊRELD ~Matt.10:32~Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek,vir hom sal Ek ook openlik voor my Vader wat in die hemel is.
*LEEF IN VREDE MET MEKAAR ~Rom.12:18~. . . Sovêr dit van julle afhang,leef in vrede met die mense
*DRA MEKAAR SE LASTE~Gal.6:2.Dra mekaar se laste,en gee np dié manier uitvoering aan die wet van Christus.
*BEKLEE JULLE MET DIE HERE JESUS~Rom.13:14.~ Julle moet julle beklee met die Here Jesus Christus en nie voortdurend daarop uit wees om julle sondige begeertes te bevredig nie.
*STREEF NA GEESTEKIKE GAWES~1 Kor.14:12~As julle julle toelê op die gawes van die Gees,streef dan na die wat tot opbou van die gemeente dien,sodat julle daarin kan uitmunt.
*WORD DIENSBAAR IN SY KONINKRYK~Rom 6:13.Stel julle in diens van God as mense wat dood was maar lewend gemaak is.
*BEWAPEN JOU VIR DIE STRYD~Efes.6:11~Trek die wapenrusting aan wat God julle gee . . .
*BRING DIE OFFERS VAN JOU DANKBAARHEID~ Ps.116:12,13~Hoe sal ek die Here vergoed vir al sy weldade aan my?Ek sal U 'n offer van danksegging bring . . .
*LEWER BEWYS VAN JOU VERANDERDE LEWE~Efes.5:8. Vroeër was julle die ene duisternis,maar nou in die Here is julle lig.Leef dan as mense van die lig.
Mag u liefde vir die Here ook só elke dag in u lewe tot openbaring kom,as kind van die Here en as lidmaat van u kerk,dit is ons bede vir u.


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.