peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


be positive - Newest pictures
mericale.peperonity.net

'n Strategie vir'n Noodsituasie

Markus 9:14.

VERTROUE IS VOORDELIG - VREES IS VRUGTELOOR:Vrees is soos eierwit ~ hoe meer jy klits,hoe meer word dit.Kyk maar hoe ons"by voorbaat" begin vrees lank voor die moontlikheid werklikheid geword het.Ons klits ons vrees met geweldige energie van duisende "sê nou's" op en gou sit jy magteloos en wag vir die onafwendbare vernietiging.Onthou jy die verhaal van die huis op die rots? Jesus het nooit gesê as jou huis op die rots gebou is,sal Hy keer dat geen storm teen jou huis losbars nie.Niemand besit so 'n verklaring nie.Geweldige storms tref soms ons huise,maar bo-op die Rots is jy veilig.
'n Mamma het 1x in groot nood na Jesus toe gehardloop,voor Hom neergeval en uitgeroep:"Here,help my!" "Toe antwoord Jesus: . . . Laat dit vir jou wees soos jy wil hê." {Mat.15:25-28} Al vrees jy.hardloop na Hom toe. Wie anders kan vir jou sê:"Moenie vrees nie -glo net."Jesus sê:"Leef elke oomblik van die dag in afhanklikheid van My.Ek sal dan elke oomblik by julle ook wees! Julle kan maar in gebed vra wat julle nodig het . . . want julle sal dit kry."
"Ek het julle net so lief as wat die Vader My liefhet.Wikkel julle elke oomblik van die dag in hierdie liefde van My toe."{ Joh.15,Die Boodskag } VREES VLUG WEG WANNEER JY BY GOD SKUIL.
Jare gelede,het my pappie 'n vasgestrengelde voëltjie in die tuin gewaar waar dit verbete gespartel het.Versigtig het hy die pootjies losgewikkel.Verlam van vrees,het die voëltjie net op sy hand bly sit totdat sy hartklop seker effe bedaar het voordat hy kon wegvlieg.Sê nou daar het nie hulp gekom nie?
Oswald Chambers skryf:"Have you been bolstering up that stupid soul of yours with the idea that your circumstances are 2 much 4 God? Put all 'supposing' on 1 side and dwell in the shadow of the Almighty.All our fret and worry is caused by calculating without God." (My Utmost 4 His Highest) Ons laat God so maklik buite rekening.Ons vertrou 'n klein bietjie wanneer dinge nog nie té erg is nie,maar kort voor die krisis probeer ons na'n alternatief soek.
Daar is GEEN alternatief vir God nie.Gooi gerus jou " sê nou " oor jou skouer en stap blindelings vorentoe,want God is reeds daar. Geloof is jou enigste wapen,selfs 'n babagelofie wat wil glo,maar tog uitroep:" Ek glo,Here,kom my ongeloof te hulp!" ( Markus 9 ) Sê vir Hom:"Ek weet nie wat ek moet doen nie,maar my oë is op U. ( 2 Kronieke 20:12 ) en vir jouself: " Die Here is vir my 'n helper en ek sal nie vrees nie. { Hebreërs.13:5 } VERTROUE IS VOORDELIG - VREES IS VRUGTELOOS
GEBED:HERE,EK WIL ELKE OOMBLIK VAN DIE DAG IN AFHANKLIKHEID VAN U LEWE.EK WEET DAT U ALLES KAN DOEN EN GEEN PLAN IS VIR U ONUITVOERBAAR NIE. { Job. 42:2 }


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.