peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


savede - Newest pictures
mericale.peperonity.net

WORD JOU GEBED BEANTWOORD?

Vertroue&geloof hand aan hand!

Wat julle ook al in my Naam vra,sal Ek doen,sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word.AS julle My iets in My Naam vra,sal Ek dit doen.~Johannes 14:13-14~Kom ons kom weer terug na die mense wat beweer dat God hulle gebede nie beantwoord nie.Hulle hou vol dat hulle in ooreenstemming met sy liefdevolle en genadige uitnodiging hulle versoeke en bedes aan Hom voorgelê het,maar tenspyte van die versekerings oral in die Skrif,bly hulle gebede onbeantwoord en hulle begeertes onvervuld.
Een allesoorheersende feit wat dikwels misgekyk word,is dat Jesus jou nooi om " in My NAAM " te vra.Dit beteken nie dat jy slegs Jesus se Naam aan jou gebedsversoek moet toevoeg as blote gewoonte nie.Dit is nooit veronderstel dat Jesus se Naam 'n formule is om die antwoord te kry waarna jy soek nie.
Gebed in die Naam van die lewende Christus behels dat jy jou geloof en vertroue onvoorwaardelik in Hom sal plaas en jouself volkome aan Hom sal oorgee sodat Hy in jou behoeftes kan voorsien soos wat Hy hulle sien,en nie soos jy begeer nie.
Jy moet geduld beoefen.Gebed is nie 'n noodknoppie wat jy druk om 'n antwoorddiens op te roep nie.Ware gebed behels dat jy jou probleme en behoeftes voor die troon van genade sal lê,en wag vir God om daarop te reageer op Sy volmaakte tyd en wyse.
Hy sal dit doen op 'n manier wat vir jou die allerbeste is omdat Hy jou liefhet,vir jou welsyn omgee en vir jou net die beste wil.God weet wat u en ek benodig,op sy tyd wat die regte tydsberekening is beantwoord hy ons gebede.Hy is die Navigator van ons lewe.Vertrou op Hom ~ GEBED:Skepper God ek loof en dank U vir U oneindige goedheid,vir U onwankelbare liefde,dat U getrou gebede verhoor.Amen


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.