peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


cross - Newest pictures
mericale.peperonity.net

LAAT JOU LIEFDE PRAKTIES WEES

Suiwer liefde is diep,onselfsugtig opreg!

1 Johannes 3:18~Ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie,maar moet met die daad bewys word,en dan in opregtheid. ~ Opregte liefde is iets wat nie deur die menslike verstand of deur ondervinding gepeil kan word nie.Dit kan nie volkome omskryf word nie en tog is dit van al die menslike emosies die diepsinnigste en mees dinamiese.
Vanweë die unieke kwaliteite van die liefde en die mens se vrugtelose pogings om dit in verstaanbare taal uit te druk is dit moeilil om onder woorde te bring.Meegevoel, vriendelikheid,teerheid en baie ander pragtige en gevoelvolle woorde slaag nie daarin om die krag en sterkte van liefde te omskryf nie.
Daar is 'n neiging om liefde gelyk te stel aan sentimentaliteit,maar dan word hierdie dinamiese krag swak en oneffektief.Die fondament van opregte liefde is identifikasie met die geliefde.Dieselfde vreugde,droefheid,versoekings en mislukkings word deurleef.Opregte liefde behels altyd opoffering,en dikwels hartseer.Die kwaliteit van liefde oortref simpatie en sentiment en kom tot uitdrukking in lojaliteit en getrouheid as dinge teen die geliefde draai.
Liefde-in-aksie is meer as die doen van goeie dade,alhoewel sulke dade 'n uitdrukking van liefde kan wees.Suiwer liefde is diep en onselfsugtig en omvat die eienskappe van getrouheid en hoë beginsels wat die denke en gees van 'n persoon verryk.Dit kan nie gekoop,geleen,gebedel of gesteel word nie.Dit is waarom praktiese liefe so kosbaar is.GEBED:Stel my daartoe in staat,o heilige Vader,om lief te hê sonder om die koste te bereken.Amen.


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.