peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


cross - Newest pictures
mericale.peperonity.net

Gebed boekie (1)

GEBED VIR WYSHEID:~Ek bid dat die God van ons HERE JESUS CHRISTUS deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken.Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou,en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het,en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo.~Efesiërs 1:17-19.~

OM GOD TE VERSTAAN:~O genadige en heilige Vader,gee my die wysheid om iets van U raak te sien;die intelligensie om iets van U te verstaan;die ywer en geduld om op U te wag;'n hart wat oor U liefe en heiligheid nadink en 'n lewe wat U grootheid verkondig.Ek vra dit deur die krag van die Gees van Jesus Christus.~Benedictus~

GOD SE GROOT LIEFDE:~Ek roep U aan,want U sal my antwoord,my God! Luister tog na my en hoor wat ek sê.Toon U wonderlike trou.U wat almal help wat vir hulle vyande by U skuil.Beskerm my soos die appel van U oog,steek my weg in die skaduwee van U vleuls vir die goddeloses wat my wil oorweldig,die doodsvyande wat my omsingel~Ps.17:6-9.

VEILIG BY GOD~Plaas my in 'n verhouding met U;bind my bn U met onbreekbare liefdesbande,want dit is net U wat dié wat U liefhet,blywend kan versadig.Sonder U is alles leeg en waardeloos.~Thomas å Kempis.

DIE ONSE VADER~Ons Vader wat in die hemel is,laat u Naam geheilig word;laat u koninkryk kom;laat u wil ook op die aarde geskied,net soos in die hemel.Gee ons vandag ons daalikse brood;en vergeef ons,ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;en laat ons nie in versoeking kom nie,maar verlos ons van die bose.(Matt.6:9-13)

GOD SE GENADE:~Wie is'n God soos U? U vergewe sondes,U straf nie die sonde van die wat uit u volk oorgebly het nie.U bly nie vir altyd kwaad nie.U betoon liefde.Hy sal ons weer genade betoon,Hy sal ons sonde tot niet maak,U sal al hulle sondes in die diepsee gooi.(Miga 7:18-19) ~*~*~*~*~*~*~*~*
HERSTEL:~Moet tog nie ag slaan op my sondes nie,wis al my skuld uit!Skep vir my 'n reinhart,o God,vernuwe my gees en maak my standvastig.(Ps.51:11-12)~*~*~*~*~*~*~
HEILIGMAKING~Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie,maar dat U hulle van die bose moet bewaar.Hulle behoort nie tot die wêreld nie,net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie.Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid.Ter wille van hulle wy Ek My aan U toe,sodat hulle ook deur die waarheid aan U gewy kan wees.~Joh.17:15-17,~*~*~*~*~*~*~
Die EVANGELIE DRA VRUG~Wanneer ons tot God bid,dank ons Hom altyd vir julle omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus.Die evangelie het julle bereik,en net soos dit in die hele wêreld vrug voortbring en verder versprei,gebeur dit ook by julle van die dag af dat julle van God se genade gehoor het en dit leer ken het soos dit werklik is~Kol.1:3-6.~*~*~*~*~*~*~*
Soek die aangesig van God~Net 1 ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag:dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon.Moet U tog nie vir my verberg nie,moet my tog nie wegstuur terwyl U toornig is nie,want U was nog altyd my hulp.Moet my tog nie verstoot en verlaat nie,want U alleen is die God wat red.~Ps.27:4,8-9.

Die teenwoordigheid van God:~O God,U is by my en dit is u wil dat hierdie uiterlike take aan my gegee word om te verrig.Daar vra ek U,help my,en laat ek altyddeur in u teenwøordigheid bly.Staan my in hierdie taak by en aanvaar die werk van my hande en vul soos altyd my hart.~Lawrence.


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.