peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


download - Newest pictures
mericale.peperonity.net

CHRISTUS MAAK DEURE OOP

Laat Hom in,en jy kyk nie terug nie.

"Ja,U is my rots en my bergvesting,ter wille van U Naam sal U my voorgaan en my lei" -Ps.31:4. Die oomblik wat jy jouself onvoorwaardelik aan Christus toewy,kan dit die betekenisvolste beslissing van jou lewe wees.Jy mag op vreemde en opwindende paaie gelei word,want dit is ontwyfelbaar seker dat God diegene lei wat aan Hom gehoorsaamheid en trou sweer.
Wanneer jy jou aan sy leiding onderwerp,begin daar wonderlike dinge in jou lewe gebeur.Waar die lewe vroeër moontlik soos 'n doodloopstraat gelyk het,gaan daar nou op 'n merkwaardige wyse deure oop.Probleme wat jy vroeër gevrees het,verklein nou tot nietighede en jy word bewus dat jy nie alleen op die pad is nie.
Die ondervinding en belewenis van Christus se leiding verhef hierdie ervaring bo die wêreld van teologiese spekulasie.Dit vind neerslag in harde werklikhede in ons alledaagse lewe.Dit is godsdiens in aksie!Daar sal tye wees wanneer deure toeklap of saggies toegaan en dit sal wys wees om hulle dan nie te probeer oopdwing nie.
Wanneer Christus wil hê dat jy op 'n sekere pad moet loop en jy is sensitief oor wat Hy van jou verwag,sal jy altyd 'n duidelike aanduiding kry van die rigting wat jy moet kies.Die belewenis van medewerking met die groot Leidsman is 'n opwindende bevredigende ondervinding.Jy sal geen groter vreugde ken op jou helle pelgrimsreis nie.Dit sal jou lei na "groen weivelde" en na "waters waar daar vrede is".
Dit is eers wanneer jy deur Christus gelei word,dat jy die ware rykdom en diepte bevrediging van jou vennootskap met Hom leer verstaan.Dan sing jou hart:"Jesus,Bron van al my vreugde!"

"Leidsman en Voleinder,lei my eenvoudig en prakties op my lewensweg sodat die kwaliteit van my lewe sal weerspieël wie se volgeling ek is en mag dit bydra tot U verheerliking."Volmaakte Voorbeeld en Verlosser,deur U verbly ek my in die salige wete dat ek die ware lewe in al sy rykdom en volheid kan ervaar".Ek is gewillig om die pad te stap wat U my lei,en weet dat ek veilig is by U.Dankie my genadige Vader v U padkaart wat deur ons gevolg kan word."


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.