peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


animation - Newest pictures Animation Animated
mericale.peperonity.net

MASKERADE

Teks Ps.139

Interessante goed,die maskers.Mense kan so maklik daaragter wegkruip sodat niemand hul herken nie.Die nadeel daarvan is dat die meeste mense'n tas vol maskers met hulle saamdra.Daar is 1 vir elke situasie,met die doel om agter hulle weg te kruip.Hierdie maskers word so deel van hulle lewe dat hulle nie meer weet wie hulle regtig is nie.
Ja ,jy ken hulle net so goed !Die gesinsmasker;die werksmasker,die medemensmasker,en die slegste 1 van almal,die godsdiensmasker of die ongelukkigemasker,jammer vir myselfmasker,of die ongelooflike ek is die 1 masker.Dit maak nie nou saak hoe baie of hoe min jy dit dra nie.
Hulle het inelkgeval almal net 1 doel voor oë en dit is om 'n leuen te vertel oor wie jy regtig is.Weet jy wat is die probleem hiermee?Mense dink hulle is besig om hulself te beskerm,maar eintlik is hulle besig om te vlug van die werklikheid.Vlug of hulle nou 'n masker dra of nie.Hoekom dit aan jouself doen?LEWE vir wie en wat jy is.Wees dankbaar en tel jou seëninge.Die 1 wat jou kan verlos van jou maskerlewe -die Koning, Verlosser,die
Kenner van jou lewe, WIL JY NIE SOMMER VANDAG NOG JOU MASKERS VIR HOM GEE NIE? BID DAT HY JOU SAL LEER OM TE LEWE VOLGENS SY WIL.Hoekom probeer wegvlug van jouself en van God.KOM ons kyk vandag na'n wonderlike stukkie verlossing in Psalm 139:7-12 lees ons van die maniere waarop die digter van God probeer wegvlug.In vers 13-18 sien ons hoedat hy heeltemal omdraai.Hy vra:hoekom hardloop ek vir God weg?
Hy ken my tog,Hy weet van my lyding en van elke traan wat ek stort as ek weereens 'n ander masker moet opsit! En dan seker die grootste ondekking - maar hierdie God wat my gemaak het en my ken,is lief vir my net soos ek is!
Dit is die wonder van die evangelie van Jesus Christus.God sien dwarsdeur ons! Hy sien elke stukkie sonde en tog het Hy ons lief! As God deur ons kyk is dit nie om ons in die hel te kyk nie.Dit is die liefdevolle kyk van 'n Vader met 'n sagte hart.

GEBED: HERE,U KEN ONS DEUR EN DEUR, GOOI ASSEBLIEF mense( ? ) se maskers weg en leer hulle hoe om te lewe. Here haal asseblief hierdie maskers van hulle af,sodat hulle vry kan word in U liefde.Here raak hulle aan,sodat hul net hulself en dankbaar wees.Opreg,eerlik en U tevrede stel en nie bang wees vir wat mense dink nie.Laat hulle siel U aanraking en liefde voel.Dankie Vader.Amen.


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.