peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


the champ - Newest pictures
mericale.peperonity.net

WEES'N AANGENAME GEUR

2 Kor.2:14-17.

Onthou jy nog die reuk van sonskyn in skoon wasgoed?Ek hou van hoe ek my gesig diep in die wit lakens aan die wasgoedlyn druk om die sonskyn te ruik,Hoe skoon die grond ruik na 'n bui reën.Die lekker oggend briesie wat by die venster inkom.Die voëls te hoor .Die Here hoef ons nie met sintuie te geseën het nie.Dit was nie noodsaaklik vir oorlewewing dat ons moes kon ruik nie.
Maar omdat Hy ons'n reuksintuig gegee het ,kan ons die rose in ons tuin soveel meer waardeer.Omdat Hy vir ons oë gegee het wat in kleure en dimensie kan waarneem,kan ons die skakerings blou van die wolke sien,die milde groen van bome.Dink aan die vreugde wat jou tassintuig verskaf -hoe warm en wonderlik om'n baba teen jou vas te druk,met'n wollerige hondjie te speel,iemand 'n drukkie te gee en 1 terug te ontvang.
Die Here het ons bederf deur ons sintuie.Ons word beskryf as'n aangename geur van Christus tot eer van God."Ek wonder soms of ek regtig daardie roeping vervul het.Gaan die dag tegemoet met 'n gebed om die aangename geur van Christus te versprei,en ander sal ook deel in die seën.Leef in sy teenwoordigheid en almal rondom jou sal gewaar dat jy vroeg die oggend aan sy voete gesit het.
Tel jou seëninge,Dink wat God jou so goedgunstig aan jou skenk om jou lewe mooi en aangenaam te maak.Gee eer aan God,wees bly,dankbaar mens besef nie hoeveel jy het totdat jy dit verloor nie.Net om te kan asemhaal is al wonderlik,iets wat almal as vanselfsprekend aanvaar.GEBED:Here,baie dankie vir die sintuie waarmee U my geseën het.Ek wil so graag elke oomblik vir U 'n aangename geur wees,Vader,ek wil graag só lewe dat ek altyd onthou om U te eer vir U genade.Dankie Vader.Amen.


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.