peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


lighofcross - Newest pictures
mericale.peperonity.net

SALWING

Joh 15; 1 Joh1,2;Rom 5:10;Ef 2:8

Jesus is die ware Wynstok.Die loot wat in Hom bly dra veel vrug,want sonder Hom kan ons niks doen nie.Die proses het begin die dag toe ek in Jesus se offer geglo get en gaan steeds voort.Jesus se lewe red,Sy bloed reinig.Sy Gees lei - voortdurend.
Die salwing wat ons van Hom ontvang het,blý in ons en leer ons ( 1 Joh 2:27),wand die Gesalfde woon in ons.In Hom staan ons volmaak voor God,want deur 1 offer het Hy vir altyd volkome gered en is steeds besig om ons gedagtes en praktiese lewe te heilig en te reinig - Hy doen dit in en deur ons soos ons
Uit Hom leef.God se werking deur Sy Seun in ons hou nooit op nie.Hierdie Genade-pakket -Christus-is ons erfporsie slegs deur geloof! Prakties gesproke,as jy voel jy is vêr van God omdat jy jou humeur verloor of verkeerde program kyk-onthou die volkome Offer,Onthou jou posisie in Christus.
Gaan terug na die kruis.Bely! Sterf aan jou beterweterige,eiesinnige Self.Neem jou geloofsposisie in Christus in,want julle het gesterwe en julle lewe saam met Christus verborge in God ( Kol.3:3)

GEBED:DANKIE HERE,DAT EK SPONTAAN KAN LEWE DEUR U SALWING WAT MY LEI IN ELKE DETAIL VAN MY DAAGLIKSE BESTAAN.LEER MY OM FYNER TE LUISTER EN TE GEHOORSAAM.AMEN.


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.