peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


dont mess - Newest pictures Comics/Fantasy/Anime
mericale.peperonity.net

Jou liggaam-kosbaar>God

1 Kor.6:19

Teks:OF BESEF JULLE NIE DAT JULLE LIGGAAM'N TEMPEL VAN DIE HEILIGE GEES IS NIE. . .Dit is wonderlik om in die Bybel te lees hoe kosbaar ons liggaam vir God die Vader,die Seun en die Heilige Gees is!Jy mag dink dat jou liggaam nie watwonders is nie,veral as jy in die spieël kyk.Jy sou graag miskien mooier of slanker of langer wou gewees het,soos die of daardie vriend van jou,maar dan kom sê die Bybel vir jou dat God bedoel het dat daardie liggaam van jou die woning v die Heilige Gees sal wees! Dis asemrowend om te dink dat die Heilige God van my liggaam sy woning wil maak!
Paulus sê: . . . En nou is dit nie meer ek wat lewe nie,maar Christus wat in my lewe . . . (Gal.2:20).Jesus wil nie net by jou wees of langs jou loop nie,Hy wil in jou wees! Het jy geweet dat toe jy Jesus as jou Verlosser aangeneem het,nie alleen Hý nie,maar ook die Heilige Gees,in jou kom woon het? Dit is tog so! Paulus maan die Romeine:Julle word nie deur julle sondige natuur beheers nie,maar deur die Gees,want die Gees van God woon in julle . . .(Rom.8:9).
Dit plaas natuurlik 'n groot verantwoordelikheid op jou,want omdat jou liggaam die tempel,die woonplek van die Heilige Gees is,moet jy dit baie mooi oppas en versorg anders skend jy sy tempel.Dit wil sê jy sal nie iets eet of drink,of 'n gewoonte aankweek wat skadelik is vir jou gesondheid nie.Jy sal nie jou liggaam deur sonde ontheilig nie.Onthou,wanneer die versoeking kom om toe te gee aan iets wat jou liggaam skade kan berokken,kan jy die Gees in jou vra om jou die oorwinning oor die versoeking te gee!
GEBED:"HEILIGE VADER,HELP MY OM MY LIGGAAM MOOI OP TE PAS.DANKIE DAT U GEES IN MY WOON EN MY DAARMEE SAL HELP!" Lees ook Jy ontvang gawes van die Heilige Gees


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.