peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


rose kb - Newest pictures Animation Animated
mericale.peperonity.net

GAWES VAN HEILIGE GEES

1 Kor.12:7

TEKS:Aan elkeen afsonderlik word'n werking {Gawe } van die Gees gegee . . . ~ die Heilige Gees wil jou ligaam sy tempel maak ( Lees asb jou liggaam kosbaar vir God ) Vandag kry jy nog 'n verassing en dit is dat die Heilige Gees wat in jou woon al die Gawes aan jou gee wat jy nodig het om te beantwoord aan die doel waarvoor God jou geskape het.Onthou,jy ontvang noit 'n gawe of,anders gestel,'n talent om jouself daarmee te verheerlik nie en daarom mag jy nooit spog op enigiets wat jy kan doen nie.Die Heilige Gees gee aan jou gawes om God te verheerlik en om ander mense daarmee te dien!
Paulus skryf aan die Korintiërs dat daar 'n verskeidenheid van gawes is,maar dat God besluit watter gawe Hy aan jou wil gee.(Sien teks hierbo)Dit is ook nie net sommige mense wat gawes ontvang nie -Elkeen van ons ontvang gawes maar dit is verskillend van aard.Daarom mag jy nie jaloers wees as iemand bv:musikaal is en jy moet worstel met elke noot wat jy speel nie.Dit beteken ook nie dat jy nou mag terugsit en ophou oefen nie! Nee,jy moet die gawe wat jy het,ten beste ontwikkel.
Met die min of die baie gawes wat God aan jou gee,moet jy Hom verheerlik en soms beteken dit juis dat jy hard daaraan moet werk! Lees gerus ook Efesiërs 4:7~( MAAR AAN ELKEEN VAN ONS IS DIE GENADE GEGEE,VOLGENS DIE MATE VAN DIE GAWE VAN CHRISTUS.~God het 'n spesifieke doel met jou lewe en daarvoor het Hy jou toegerus met sekere gawes.Jy kan dus seker wees dat Hy net so daardeur verheerlik sal word as deur die ander ou wat meer gawes as jy ontvang het,want dis nie die hoeveelheid van gawes wat by Hom tel nie,maar wat jy maak met dít wat Hy wel aan jou toebedeel het!
Laat jou GEBED DAN OOK WEES:"VADER,HELP MY OM MY GAWES TE ONDEK EN DIT TE GEBRUIK TOT U EER."


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.