peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


love - Newest pictures Animation Comics/Fantasy/Anime Animated
mericale.peperonity.net

NOVEMBER-MAAND-GEBED

"LIEFDE"

Ons aanbid U hierdie maand as die Bron van alle ware liefde.Van ons wieg tot in ons graf word ons deur U liefde gedra;U omsluit ons van alle kante,u liefde neem ons in besit.Soos'n moeder haar kinders liefhet,só en baie meer,het U ons lief.U liefde maak ons sterk wanneer ons swak is; gee aan ons hoop wanneer ons dreig om te wanhoop;
Gee aan ons vrede wanneer ons hart in onrus verkeer; gee aan ons troos wanneer ons bedroef en gebroke is.Liefdevolle God,U liefde is onpeilbaar,onveranderlik en onverdiend; dit hang nie af van wie ons is en wat rondom ons gebeur nie.
Soos kinders in hulle ouerhuis geborge voel,so voel ons by U,Here.Wanneer hierdie lewe verby is en ek in die ewigheid by U woon,sal ek vir ewig in u volmaakte liefde gekoester word.Help my,sterke Verlosser,om die liefde wat U aan my skenk met my naaste te deel.Soos U kwistig aan my gee,laat my dit ook aan ander gee.Here my God en Vader,ek dank U dat alle liefde in my lewe net trapklippe na U toe is.U was met alle mense geduldig en ek pleit dat U deur die Heilige Gees ook aan ons daardie geduld sal gee.Laat ons liefe altyd met goedhartigheid gepaardgaan,sodat ons U beeld in die wêreld kan versprei.Bevry ons mense van alle naywer en jaloesie sodat almal onbevange kan liefhê soos wat U self liefgehad het.
Gees van liefde,hou ons nederig in ons liefde,sodat dit nie ook'n oorsaak van trots en hoogmoed word nie.Beskerm ons daarteen sodat ons u vb:as voetewasser kan word.Gee Here my God,dat ons liefe altyd met grasie beoefen sal word en dat dit niemand te na sal kom nie.Help ons Gees van God om nooit liefde te betoon uit eie belang of selfsug nie,maar op die wyse waarop Christus dit beoefen het.O'Heer,laat die liefde in ons lewe seëvier.Liefde & Waarheid is onlosmaaklik aan mekaar verbonde.Laat ons altyd getrou bly.
Dankie,Here my God,dat U liefde onsterflik is.Laat ons deel hê aan daardie onsterflikheid deur lief te hê.Mag die wêreld in ons lewe van elke dag die weerkaatsing van U liefde aanskou.Dankie,Vader dat ons in U kan skuil en dat ons veilig kan wees vir tyd en vir ewigheid.Heilige Gees,bring ons tot algehele oorgawe,toewyding en gehoorsaamheid aan die God van liefde.U weet als Here,U ken ons harte,laat ons liefe altyd vars en sprankeldnd bly.Gee dat ons elke dag in ons lewe tot openbaring van U liefe sal laat kom,sit U werk in ons lewe voort tot eer van God.Vader maak ons struikelblokke gelyk,staan ons by,Gee dat U liefde die wêreld sal oorspoel en daarin sal regeer deur die hart van mense te verower.Dankie dat deur U liefde en Genade is dat Ons U gevind het.Gee onsself vernuwing in wederliefde.
ONS BID DIT TERWILLE VAN DIE LIEFDE EN IN JESUS SE NAAM. AMEN.


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.