peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


whole - Newest pictures
mericale.peperonity.net

Maranata's Testimony

Op 10 September 07,word daar by my 'n gewas gevind by bynier en nier.Spesialiste wil ook monster vat van longe.Hulle wil my so gou as moontlik opneem,ek stel dit uit tot 2 Oktober,probeer aan alle hoop vashou,glo dit sal nie nodig wees vir operasie nie,bid vir uitweg,maar God het reeds geweet wat die antwoord sal wees,hoekoms.Op oggend van 2OKT stel ek nog uit solank wat ek kan,ek wil nie gaan nie.Hul bel en sê hul wag vir my,soveel dinge maal deur jou.Ek word dadelik op suurstof en water diët gesit tot 4de,intussen word nog toetse gedoen,word oral oor vir my gebid.My enigste Hoop is op God!Net Hy kan my help!
Ook voor teater en na operasie bid familie en vriende vir my.4 Okt word ek gedoen,bynier,nier,gewas word verwyder,en kwart van long als in regterkant .Ek word vir 10dae in I.C.U opgeneem,ek het geweldige pyn,kan nie praat nie,a.g.v.pype oral oor.Ek is op asemhaling masjien,dreineeringspype ensv:Ek kan nie sien nie maar ek hoor my geliefdes se stemme wat met my praat,ek maak kontak met handdruk.Na aand besoek is familie huistoe,iewers in tyd is ek terug teater toe vir noodoperasie,ek nie bewus van ek besig om te sterf nie,a.g.v verdowing.
Inwendige bloeding,ek kry 3L bloed,wat ek kon onthou was na ek weer terug is in I.C.U. toe dr:vir my sê ek het aan bloeie gegaan,ma nou is ek okay.My ma en suster het na ek ontslaan is eers vertel dat die Dr: aan hulle gesê het,Mev:julle het haar amper verloor.Hy gesê hy was buite by sy motor toe 'n stem vir hom sê hy moet terug gaan na my toe.daar gekom gesien daar is groot fout en reggemaak vir noodoperasie.
2-3 dae kon ek nie praat nie,net daar gelê en net geglo vertrou dat God my hierdeur sal help,gevra in my gedagte vir genade,bid en vra.In 2 dae se tyd word eers die 1 en volgende dag ander 1 pyp van asemhalingmasjien verwyder,elke x is geen familie by my nie,en jy lê daar,hoor net suster sê dat hul pyp gaan verwyder,als is agter jou,jy lê,die suster sê ek moet self asemhaal en ek bid ASB:Vader. . .wees my genadig dat ek self sal kan asem haal [met 2de pyp wat uitgehaal word] Jy lê en wag,wonder gaan ek dit maak,dan die groot dankbaarheid ek haal asem.Ek kan nie genoeg vir God dankie sê nie {tot vandag nogsteeds}Ek kan dit nie vir julle beskryf nie,en hoe genadig ons Vader is nie.Al kan ek God nie sien nie,weet ek en voel Sy teenwoordigheid, Sy warmte en dit bring kalmte in my.
In I.C.U kry mens nie rus nie,die monitors beep aaneen,sustes en Dr's wat by jou is,ek slaap nie.1 Oggend vroeg het ek gevoel van donkerte wat my bekruip,dit het vrees ontlok,weereens kon ek maar net in my gedagte met God om hulp aanroep,gevra dat God om sy engele om my te plaas, en genadig te wees(die saal se ligte brand dag/nag)my te beskerm en het weer gevoel hoe dit lig word om my en die koue weg dryf en met warmte gevul is.Mense sal my dalk nie glo nie,maar dit was deel van my ondervinding,waarvan ek weet ek moet getuig.Ek weet dat God heeltyd by my was.Sy hande het my gedra tot waar ek nogsteeds is.Almal wat vir my gebid het,dit is krag wat ek ontvang het,en nogsteeds ondervind
Ek was in die middel van I.C.U waar ek gelê het.Regs van my was 2 pasiënte en op linkerkant nog 'n man,almal word gemonitor op masjiene,in die tyd was da ook geweldige swaar weer,daar is 'n bystand krag.Een van dinge wat ek ook moet noem:Krag word uitgeslaan,elke bed het eie suster,daar is net 1 kragkabel wat aangelê kan word,die 1 suster het haar pasiënte oorkant my op krag aangelê,ek en die man links se monitors loop sonder kragkabel, nie 1x nie maar 3x het dit gebeur,ek het geweet God laat ons monitors loop op God se krag ,sonder kragkabel wat aangelê word.Dit het ek beleef en dit is waar en eg.Ek dank,God vir genade op genade,jy weet niemand kan jou help nie,behalwe God.Hoe groot,goed en wonderlik is onse God nie!
Na die 11de dag word ek oorgeplaas na gewone saal tot 2dae waar ek nog 1 drip,suurstof,1dreinpyp,en wielietjie in pols waar hulle bloedgasse neem.Kan nie wag dat ek net in bad kan kom nie,al is dit net op rand van bad wa hul my kan help.My kragte is min,eks swak en pyn is erg.Dit was 'n geweldige ervaring vam my lewe,ek het vir maand by my ouers gewoon,1 week by my suster.waar hulle my versorg het.Dankbaarheid vir hulle liefde,hulp bystand kan ek net sê dankie.Om van ander afhanklik te wees is nie maklik nie,maar ek dank Ons Vader vir als en Sy liefde en genade met my,almal wat omgegee het,en ook vir my gebid het.
Oktober was dit 'n jaar,na operasie,pyn het ek elke dag,ek word gou moeg,ek kan nie meer doen wat ek voorheen gedoen het nie,maar ek aanvaar dit met dankbaarheid en ek weet dat daar 'n doel is vir als,Om met jou geliefdes te kan wees,te leef,en al die mooi raak te kan sien.en weet God hou Sy hand oor my,ek doen my beste wat ek kan elke dag,uithou vermoë en vanaand te kan weet ek LEEF! NS: UITSLAG VAN GEWAS ENSV.KWAADAARDIGSTE KANKER, dit is 1 mm van my rugstring verwyder.Ek moes na 6wke vir longe en 3mde vir nier terug gegaan het vir opvolg besoek,ek het nie want ek GLO GOD HET MY REEDS GENEES,EN WEET HY IS DIE GROOT GENEESHEER! AL MY LOF EN EER AAN GOD DIE ALMAGTIGE!Dankie Vader!Amen.
MORE TESTIMONIES OF OTHERS OM SITE READ IT PLEASE
DIT IS NET OPVOLG VAN MY GETUIENIS: DIT IS VANDAG 15 JANUARIE 2012,EK LEEF NOG,DANKIE HERE.EKS HEELWAT STERKER AS 2007/8 AL DIE LOF AAN GOD ONS VADER. Ek leef,Halleluja Abba Vader,Dankie My Pappa Vader


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.