peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


god almighty - Newest pictures Animals/Nature
mericale.peperonity.net

"Veryk jouself"die boek Jesaja

Leer uit Jesaja!

Hoeveel keer het jy nie dit al self gehoor nie:Iemand wat baie swaar gekry het,vertel vir jou wat 'n sekere Skrifgedeelte in die boek Jesaja vir hul beteken het.En meer voelbaar selfs:Jy voel geheel en al verlate,slaan die Bybel oop,lees 'n gedeelte uit die boek Jesaja en voel hoe jy asof uit die hemel met nuwe krag vervul word.
November & Desember is nie 'n maand vir sissies nie,dit is dikwels 'n keeltoetrekmaand(vir die wat nie beplan het nid),moegweesmaand,ek-is -opgeleef- maand.Dié van ons wat mense in ons diens het weet dat Desember as bonusmaand voorlê.Mense bekommer hul selfs oor Kersfees;oor Kersgeskenke wat hul swaarlik kan bekostig;oor die vakansie wat voorlê,en oor geld!
Daarom praat ons hier met mekaar oor die boek Jesaja.Soos vir so baie geslagte gelowiges wat al net so moeg en moedeloos gevoel het soos in die hede,sê die Woord ook vir ons:"Weet jy dit nie?Of het jy dit nie gehoor nie? 'n Ewige God is die HERE,Skepper van die eindes van die aarde;Hy word nie moeg of mat nie;daar is geen deurgronding van sy verstand nie.Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.
Die mense word moeg en mat,struikel selfs,maar die wat op die HERE wag,kry nuwe krag,hulle vaar op met vleuels soos die arende,hulle hardloop en word nie moeg nie,hulle wandel en word nie mat nie."( Jes.40:31), 1953 - vertaling van die Afr:Bybel) Stel jouself hierdie maand oop vir'n baie spesiale eksperiment met God.Drink elke dag'n gedeelte uit die boek Jesaja in.Verwag om deur God versterk en verkwik te word,soos miljoene gelowiges voor jou.Verwag opdragte.Verwag om opnuut herinner te word aan die genadedaad van God om sy Seun na hierdie wêreld te stuur.Verwag onverwagte en intens persoonlike seën.
Jou Nov/Des maand gaan andes wees,want jy gaan dit met God self deurbring.Om die ou profesieë te lees,is om die woorde van God direk en onverdun te hoor.Die Skrif leer immers:"En ons het die profetiese woord wat baie vas is,waarop julle tog moet ag gee soos op'n lamp wat in 'n donker plek skyn,todat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte,terwyl julle veral dit moet weet,dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie,want geen profesie is ooit deur die wil van'n mens voortgebring nie,maar,deur die HEILIGE GEES gedrywe,het die heilige mense van God gespreek." (2 Pet.1:19-21)
VRAE VIR GROEI: 1)Wat is God se boodskap vir jou uit Jesaja 1:10-20;Jes.5:6/7 en Jes 9:1-6?Vraag 2:Waarom is Jes 11,12 en 35 tans 'n boodskap vir die hele wêreld,maar ook vir elkeen wat uitkoms en insig in hulle persoonlike lewe soek?Vraag 3:Soek in Jes 40-43 en Jes 48:17/18 na enigiets waarvan jy kan sê:Deur die eeue heen het dit onomkeerbaar en finaal verander.As niks verander het nie,roep die ewige God dan vandag met 'n nuwe hart aan.
MET ONS MENS-VRA VOOR DIE HERE:Besluit wat die 3 hoofredes is waarom ons so uitgeput is in die tyd van die jaar.Is die redes bekommernis die feit dat ons gedurende die jaar aan God ongehoorsaam was tov die onderhouding van die rusdag,die feit dat die samelewing dikwels ons met onnodige dinge besig is,of die feit dat jy nie kan delegeer nie? Wat is jou redes? Wat vind jy in die Skrifgedeeltes aangaande hierdie dinge in jou persoonlike lewe?
EK WIL BID,HERE Onveranderlike God,dis ek wat verander het.Ek bid om U weer te kan sien,soos Jesaja.. PÊRELWOORDE:Net hy wat God sien,sien die werklikheid. SKEP UIT DIE FONTEIN WAT NOOIT OPDROOG NIE:Lees Jes1:10-20;Jes 5,6,7,Jes 9:1-6;Jes 11 en 12;Jes 35;Jes 40-43;Jes 48:17-18.
*Geniet jou reis in Jesaja,mag God jou uitlig,jou verhelder en insig gee in jou lewe,jou seën,en jy ook weet Sy Woord is VAS EN EWIG.*


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.