peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


praise god amen - Newest pictures
mericale.peperonity.net

God wil u sy beeldraer maak.

Teksvers.2 Kor.3:18

...Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word...Dit doen die Here wat Gees is.~God het Adam/Eva na sy beeld geskape.In Gen1:27 lees ons-as beeld van God het Hy die mens geskep.Dit beteken nie dat die mens fisiek na God gelyk het nie.Wat dit wel beteken,is dat God die mens sondeloos gemaak het en aan hom die vermoë gegee het om vir die sonde nee te sê.Die mens was oorspronklik heilig gemaak want God is heilig,maar toe kom die duiwel en hy val in sonde,toe is die beeld van God in hom gebreek.
Wanneer 'n spieël val en in stukke breek,kan jy maar probeer om die stukke aanmekaar te las,maar jy kry net nie weer'n ware spieëlbeeld nie.Die beeld in die spieël is verwronge.So ook is die mens wat nog nie wedergebore is nie,nie meer'n spieëlbeeld van God nie-hy is verwronge en stukkend.Gelukkig het God nie sy skepsel daar gelaat nie.Hy het sy Seun gestuur om die mens weer te herskep.Deur aan die kruis vir ons sonde te betaal,het Hy dit weer moontlik gemaak dat die mens'n beelddraer van God kan word.Wanneer jy jou sonde bely en Hom aanvaar as jou Verlosser word jy
'n kind van God.Dan kom die oproep telkens in die Bybel tot jou dat jy aan Jesus gelykvormig moet word!Ons kan dus weer die beeld van God weerkaats,maar nie uit onsself nie.Die Gees van God wat dan in ons woon,sal dit doen!So begin die Heilige Gees reeds by die wedergeboorte met hierdie herskeppingswerk en Hy sit dit verder voort.Kyk mooi na Romeine 8:29:Dié wat Hy lank tevore verkies het,het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun...Lees ook weer die teks hierbo.
Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here~vlg:2 Kor.3:18.~Die Woord van die Here vermaan ons om die heerlikheid van die HERE te weerspieël,d.w.s. Te weerkaats.Hierdie heerlikheid van die Here is deel van sy beeld wat elke dag al meer & meer in ons sigbaar moet word.
Die maan weerkaats die lig van die son.Hy het geen lig van sy eie nie.Wanneer'n mens'n spieël na die son toe draai,weerkaats hy die lig sodat jy dit kan sien.Wanneer jou ouers,vriende en familie na jou lewe kyk,moet hulle ook die weerkaatsing van die beeld van God daarin kan sien.Dit gebeur wanneer bogenoemde'n werklikheid in jou lewe word.
Hoe meer jy aan Jesus gelykvormig word,hoe meer weerspieël jy die heerlikheid van die Here.Hierdie opdrag vind ons in die teks hierbo.Die heerlikheid van die Here moet weerspieël word in jou woorde,jou gesindhede en in jou dade.Dit moet straal uit jou verhouding met jou ouers,jou broers/susters,jou vriende .Nouja,hierdie weerspieëling vind nie sommer 1klaps plaas nie.'n Mens moet elke dag daaraan werk.
Die Heilige Gees sal jou sensitied daarvoor maak en jou in staat stel daartoe.Kom ons lees die teks hierbo 'n bietjie verder....Did heerlikheid wat van ons uitstraal,neem steeds toe. . ..!Elke dag,elke uur moet jy daaraan werk! Hoe "werk" 'n mens daaraan? Die geheim lê in die laaste sin van die vers: Dit doen die Here wat die Gees is.Stel jouself elke oomblik onder die heerskappy van die Gees en Hy sal dit toenemend sigbaar maak in jou lewe.
GEBED:"O Gees van God,laat die heerlikheid van die Here steeds meer en meer deur my lewe weerspieël word."Baie dankie,Vader,dat U my sondes wat ek bely eens en vir altyd vergewe en vergeet en dit nooit weer ophaal nie!"Laat die heerlikheid van U Vader steeds meer word in my lewe en my weerspieël my lewe."O,Gees van God , laat die heerlikheid van U steeds groei tot U eer.Dankie dat U my ook wil deel,maak my asb:waardig!


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.