peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


animated god is love hearts - Newest pictures Animation Animated
mericale.peperonity.net

'N VOORSKRIF VIR DIE LEWE

Lees Matteus 6 asb!

Onlangs lees ek iets interessant uit Dr.Bernie Spiegel se boek,Prescriptions 4 living.Hy het aanvanklik beskerm gevoel deur die veilige afstand tussen hom en sy pasient,maar nou gaan sit hy langs sy pasient.Hy het besef dat mensliewende meelewing teenoor mense in lewensbedreigende omstandighede 'n dieper Waardeering vir die kosbaarheid van die lewe by hulle teweeg bring.Hy begin toe eksperimenteer. Waar hy vroeër nie waardering gewys of dankie gesê het nie,het hy dit nou opreg begin doen.
Die uitwerking was verbysterend.Sy voorskrif is:Begîn om jou waardeering te wys.Dit het geen slegte newe-effekte nie.Hy sê verder:Leer uit jou foute. Moenie dat dit jou mismoedig maak nie.Foute is wonderlike leermeesters en bewys dat ons menslik is.Wees bereid om te sê jy is jammer,sodat ander weet dat jy verantwoordelik en betroubaar is.As jy lekker met jouself wil saamleef moet jy verantwoordelikheid aanvaar vir jou optrede teenoor ander.
Mike Murdock sê: "You will only be remembered 4 the mistakes you made or the ones you solved." "Hatred is bad 4 the hated and worse 4 the hater" sê Dr Spiegel.Om jou eie gesin lief te hê kan soms moeiliker wees as om jou vyande lief te hê.Dink hoe jy'n vernederende verwyt eerder as'n liefdevolle versoek kan uitdruk.Beloon die positiewe en ignoreer die negatiewe.GEBED: Here,laat ons woorde altyd aangenaam wees,met sout besprinkel,sodat ons kan weet hoe ons iedereen moet antwoord. (Kolossense 4:6)


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.