peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


flower - Newest pictures Animation Animals/Nature Animated
mericale.peperonity.net

ONVERDEELDE TROU

LEES DEUT.6:14-15;10:10-22 "WANT DIE HERE JOU GOD EIS ONVERDEELDE TROU AAN HOM . . . . "DEUT 6:15.

ALLES OF NIKS.DIS HOE DIT GAAN IN 'N LIEFDESVERHOUDING.GOD WIOL JOU NIE DEEL MET AFGODE NIE.
Jy het seker teen die tyd agtergekom dat die 2de gebod baie nou in verband staan met die manier waarop 'n mens jou godsdiens beoefen.Die Israeliete het aanvanklik nie aan 'n ander god gedink nie.Dit het vir hulle gegaan om 'n makliker godsdiens,'n mensvriendeliker te kry,godsdiens,en in die proses om hulle godsdiens mensvriendeliker te kry,het die klem van
God na die mens verskuif.Die beeld was maar net die middel tot 'n beeld(watter vorm van mensgerigte godsdiensbeoefening dit ook al mag wees)God se plek begin inneem.'n Persoonlike verhouding met 'n lewende God en absolute trou en gehoorsaamheid aan God raak soek.
In 'n troue liefdesverhouding is daar nie plek vir 'n 3de persoon nie.Die Here laat ook nie 'n derde party toe in sy verhouding met sy kinders nie.Augustinus het die volgende raak uitspraak gelewer:"Bemin God en doen wat jy wil,"En daarmee het hy net gesê dat as 'n mens aan die Here 1ste plek toeken sal jy weet hoe om die ander sake in jou lewe reg te hanteer.Solank God net die hoogste trou en lojaliteit geniet.
En nou kan jy gerus jou eie lewe ondersoek:geniet God in jou lewe,en veral dan in jou godsdiensbeoefening,onverdeelde trou?Gaan jy kerk toe agter 'n goeie prediker of 'n gemaklike erediensliturgie aan of gaan jy kerk toe om die Here te dien en na Sy Woord te luister?Het kerklike vorme en tradisies vir jou belangriker geword as diens aan God?Gaan dit uiteindelik oor jouself of oor God?

Gebed:Here ons wil graag vandag opnuut ons onverdeelde trou aan U beloof.Help ons om die dinge wat tussen U en ons te staan gekom het,raak te sien en te laat vaar____Amen

lees Romeine 12: 2 en toets jou eie lewe daaraan.



This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.