peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


beautiful theme with the lords prayer - Newest pictures
mericale.peperonity.net

DIE WINTERS VAN DIE LEWE

Hy het die stormwind stilgemaak,en die golwe van diesee het bedaar Ps 107:29

Daar is die gelukkige Christene wat skynbaar nooit teneergedruk word nie,wat die probleme en beproewings wat hulle kan ontmoedig net ignoreer.Daar is egter ook ander wat dikwels mismoedig en lamgele word deur hul talle probleme.Die Nuwe Testament openbaar aan ons dat daar tye was toe self ons Meester teneergedruk en ontsteld was,maar in sy donkerste oomblikke het Hy steeds die teenwoordigheid van sy hemelse Vader ervaar.
Moet dus nie ontmoedig of verslaan voel as jy dink dat jy die Here teleurgestel het nie.Onthou altyd die twee waarhede:Jou Meester se liefde vir jou word nie beinvloed deur jou gemoedstoestand nie,en jou emosies wissel,maar sy liefde verander nooit.Dank God dat jy bewus is van jou teneergedruktheid en dus met sy hulp iets daaraan kan doen,anders sal jy doeloos in hierdie donker put vasgevang sit.
Die feit dat God jou liefhet met 'n ewige liefde en dat Hy jou deur sy Heilige Gees bewus maak van jou toestand,behoort jou staande te hou wanneer jy ontmoedig raak,wanneer depressie oor jou gees toesak en jou geestelike lewe verdof.Wanneer 'n winterseisoen oor jou siel neerdaal en alles koud,donker en troosteloos lyk;indien jy wonder of jy ooit weer 'n lewende geloof sal besit,dink dan aan die onveranderlike Christus.Hy is jou Vriend,Verlosser en Gids in donker dae - net soos in die dae wanneer jou gees gevul is met blydskap en die sekerheid van sy ondersteunende teenwoordigheid in jou lewe.

Gebed:
Ek loof U , lewende en liefdevolle Meester,dat U met my is in die duisternis sowel as die sonskyn.

Ns:onthou niks is so groot wat God nie kan stil en heelmaak nie.


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.