peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


timothy - Newest pictures
mericale.peperonity.net

DIE GEHEIM VAN KRAG - Lees Ef 6:10-20

Verder nog dit:Soek julle krag in die Here en in sy groot mag - Ef 6:10

Om jou geestelike lewe uit eie krag te probeer opbou,is onmoontlik.Tog is daar so baie van ons wat dit probeer doen.Ons skoei ons lewenspatroon op die van die een ofander groot geestelike met die ydele hoop dat ons geestelik sterk sal word.Ongelukkig lei sulke pogings dikwels tot teleurstelling.
Die waarheid is dat geestelike krag nooit deur menslike pogings verkry kan word nie.God is die Bron van alle ware krag.
Hy gee krag aan elkeen wat dit wil aanneem.Tog is die verantwoordelikheid om jou geestelike krag te ontwikkel deur Bybelstudie en gebed joune alleen.
'n Christendissipel groei geestelik wanneer hy besef dat dit nie hy is nie,maar Christus in hom wat hom die krag gee om dit te leef soos God dit wil.Om Christus aan te neem en sy teenwoordigheid in jou lewe te ondervind,is 'n bron van betroubare en standvastige krag.Wanneer jy besef dat jy nie konflikte en probleme uit eie krag hoef aan te durf nie,dat jy dit in die krag van die lewende Christus kan doen,sal jy moed en vertroue en krag he soos nog nooit tevore nie.
Christus is die Bron van jou krag,en jou grootste begeerte moet wees om naby Hom te leef en Hom al hoe meer lief te he en te gehoorsaam.Plaas Hom sentraal in jou lewe en ondervind die invloed van sy goddelike krag in jou bestaan.

GEBED:
Ek vra u hulp,heilige Vader ,dat ek Christus al hoe beter sal leer ken sodat my lewe u krag en liefde sal weerspieel.


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.