peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


thessalonians - Newest pictures
mericale.peperonity.net

Jesus gee vertroue en vrede-lees Job 3:16-26

Ek het geen rus en geen vrede nie,geen verposing nie,net angs - Job 3:26

Mense uit alle lae van die samelewing beleef vrees,onsekrheid,bekommernis en onveiligheid.Geen rykdom,wysheid en wereldse krag kan hierdie ervarings laar verdwyn nie en baie lewens is al geruineer daardeur.
Ongeag hoe ryk of arm jy is,of hoe of onbelangrike posisie beklee,jy kan nie 'n vol en bevredigende lewe he tensy jy in vrede met jouself lewe nie,en om in vrede met jouself en jou medemens te kan leef,moet jy eers die groot vrede besit,die vrede wat alle verstand te bowe gaan:die vrede van God!
Om hierdie vrede jou eie te maak,is dit noodsaaklik om Jesus Christus as jou Verlosser aan te neem.Gee jouself in opregtheid totaal aan Hom oor.Hy verlos jou volkome - ook van onsekerheid en vrees.Doen gereeld Bybelstudie en bid aanhoudend - dan sal jy groei in Christus - en ook in vertroue en vrede.Wees bewus daarvan dat Jesus Christus in elke situasie by jou is.
Indien jy die Heilige Gees toelaat om jou lewe oor te neem,sal jy al hoe meer bewus word van die Meester se tere greep op jou lewe.Jy sal ondervind dat Hy ou lei deur die doolhof van negatiewe ervarings.Vertrou Hom en Hy sal jou veiligheid en vrede gee.

Laat jou gebed dan ook wees . . .

GEBED:
GENADIGE VADER ,EK MAAK MY LEWE EN MY DENKE VIR U OOP SODAT EK IN DIE KRAG VAN U GEES IN VERTROUE EN VREDE KAN LEEF.


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.