peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


Newest pictures
mericale.peperonity.net

Dankbaar&veilig-lees Ps.16:1-11

Daarom is ek bly en juig ek en voel ek my veilig-Ps 16:9.

Jy het al opgelet dat verskillend mense op verskillende maniere reageer op dit wat die lewe v hul opdis.In watter omstandighede sommige mense hulle ook al bevind,hul reageer met negatiewe/ongelukkige gevoelens.Ander vind weer in feitlik alles vreugde,selfs in die ergste en treurigste omstandighede.Indien jy jou hoop onwrikbaar op God gestel het,sal jy waarskynlik tot die 2de groep behoort.Koning Dawid het +-3000j gelede geskryf toe hy deur vyande omring is,probleme ondervind het en foute gemaak het, tog vanweë sy hoop in God en sy geloof,was hy nog dankbaar &veilig.Dit was omdat hy sonder enige twyfel geweet het dat God die allerhoogste Koning is en dat Hy uiteindelik oor al sy vyande sou seëvier&die kwaad sou uitwis.Die geringe hoeveelheid pyle van teëspoed wat na sy kant toe gekom het,kon hom nie onder kry nie.Die gevolg hiervan was dat hy volkome veilig gevoel het.Jy kan óf jou probleme,groot/klein buite verhouding laat groei totdat hulle soos berge lyk en jouself dan toelaat om ellendig,bekommerd&bevrees te voel of jy kan op Jesus hoop en sy woorde onthou:"In die wêreld sal julle dit moeilik hê;maar hou moed:Ek het die wêreld klaar oorwin"{Joh.16:33}.Hou net moed&hoop op God,want selfs in die moeilikste/donkerste omstandighede is daar nog altyd rede om God te dank.Dank Hom vir die geleentheid om die uitdaging te aanvaar&loof Hom vir dankbaarheid wat uit jou ellende gebore sal word.Die verskil lê nie in die omstandighede nie - dit lê in Jou ! Hoop op God en voel dankbaar & veilig.Laat ons dankbaar wees vir die mense wat ons gelukkig maak:Hulle is die bekoorlike tuiniers wat bloeisels in ons harte kweek.Wees bly vip wat jy het,jy lewe,jy haal asem,jy sien,hoor,praat,beweeg,sien die mooi om jou raak,hou op met die ndgatiewe dinge te vertroetel,dit te laat groei,met God aan jou sy sien ons kans vir alles,deur dit alles word ons gevorm,groei ons,en Hy inbeheer.So tel jou seëninge by al die negatiewe,raak positief en dankbaar in als.Mag God jou seën,jy Hom vertrou in als,weet Jy is op die pad wat Hy jou wil leer & lei.Amen.Dankie Vader dat U daar is vir ons.


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.