peperonity.net
Welcome, guest. You are not logged in.
Log in or join for free!
 
Stay logged in
Forgot login details?

Login
Stay logged in

For free!
Get started!

Text page


shamley.peperonity.net

AFRIKAANSE GRAPPE

VERSKILLENDE GRAPPE IN AFRIKAANS
ENGLISH JOKES COMING UP - WATCH
THIS SPACE
- - - - - - - - - - - - - - - -
Blondine sit vir 4 ure en kyk na haar huweliks sertifikaat.

Haar man vra wat sy doen en sy antwoord : "ek soek na die donnerse vervaldatum?"
- - - - - - - - - - - - - - - -
‘n Brunet sien haar blonde buurvrou trippel elke vyf minute na haar posbus toe.

“Verwag jy ‘n belangrike brief?” vra die brunet.

“Nee,” sê die blondine, “maar my rekenaar hou aan sê ek het pos.”
- - - - - - - - - - - - - - - -
Kyk jy vir jou Man?
Sielkundige vra vir blondine: "Kyk jy vir jou man se gesig gedurende seks?"

Blondine: "Ja, een keer en hy het redelik die moer in gelyk."

"Hoe so?" vra die sielkundige

Antwoord die blondine: "Hy het by die venster ingeloer!"
- - - - - - - - - - - - - - - -
Die blondine sit in die restaurant.

Die kelner vra haar: “Sop vir u?”

Sy antwoord: “Pasop vir jou ook!”
- - - - - - - - - - - - - - - -
Die tabakboer wys vir die blondine hoe sy plaas lyk. Terwyl hulle so na die tabakplante staan en kyk, vra die blondine: “Wanneer word die sigarette ryp?”
- - - - - - - - - - - - - - - -
Nog ‘n manier om ‘n blondine by ‘n begrafnis te herken?

Dis die een wat die ruiker probeer vang.
- - - - - - - - - - - - - - - -
Twee Blondies kom op 'n spoor af.Eerste blond dit is 'n leeu spoor.Tweede blond nee dit is 'n olifant spoor.Na 'n styery besluit hulle om die spoor te volg en nie te lank nie ry die trein albei dood
- - - - - - - - - - - - - - - -
Brunet se vir die blond:"Next week I'm goiing over to Greece"
Blond:"Nee jong,jy's mal bly liewer by Vaseline!
- - - - - - - - - - - - - - - -
Die blondine loop saam met die boer op sy plaas rond toe sy 'n kwaai bul agter die draad sien staan. "Is die bul veilig?" vra sy. "O, ja," antwoord die boer, "die bul is veilig, maar ek dink nie jy is nie."
- - - - - - - - - - - - - - - -
Wat het met die blonde terroris gebeur toe sy die bus probeer opblaas het? Sy het haar lippe op die uitlaatpyp gebrand.
- - - - - - - - - - - - - - - -
Hoeveel blondines is nodig om springmielies te maak? Vier. Een om die pot vas te hou en drie om die stoof op en af te skud.
- - - - - - - - - - - - - - - -
Wat antwoord 'n blondine as jy haar vra of haar flikkerlig aan is? "Dis aan, nou's dit af, dis weer aan, dis af …"
- - - - - - - - - - - - - - - -
'n Ryk blondine sien 'n boemelaar by die supermark se parkeerterrein. Hy staan op sy knieë en eet gras. "Is jy honger?" vra sy baie ontsteld. Hy knik sy kop. "Kom saam huis toe," sê sy. "Ek kan nie," antwoord hjy. "My hele familie is ook hier." "Bring hulle almal saam, By my huis staan die gras net so hoog."
- - - - - - - - - - - - - - - -
"Hoekom eet jy jou stuk koek so vinnig?" vra die blondine se vriendin. "Ek's op 'n kitsdieet," antwoord die blondine.
- - - - - - - - - - - - - - - -
Hoe weet jy wanneer 'n blondine die kombuis opgeruim het? Daar is papierborde in die skottelgoedwasmasjien.
- - - - - - - - - - - - - - - -
Die blondine koop twee pakkies motbolletjies by die apteek. Die volgende dag is sy terug om nog te koop. "Sjoe, maar daar moet baie motte in jou woonstel wees," sê die apteker. "Nie reg nie," sê die blondine. "Ek sukkel net om hulle raak te gooi."
- - - - - - - - - - - - - - - -
Hoekom is daar blondines in die wêreld?
Sodat mans 'n kans kan kry om te wys hoe slim hulle is.
- - - - - - - - - - - - - - - -
'n Blondine het werk gekry as sekretaresse, Baas: "Juffrou, slaan tog net vir my mnr Strydom se nommer in die gids na."

Na twee uur vra die baas weer: "Hoe vorder jy met daardie nommer?" Blondine: "Sjoe meneer. Ek is nou al by die H's."
- - - - - - - - - - - - - - - -
Wat is 'n blondine? Iemand wat gedurig in die spieël kyk, behalwe wanneer sy haar kar by 'n parkeerplek uittrek.
- - - - - - - - - - - - - - - -
“Het u medisyne teen wurms?” vra die blondine vir die apteker.
Apteker” “Vir kinders of volwassenes?”
Blondine: “Hoe moet ek weet hoe oud die wurms is?”
- - - - - - - - - - - - - - - -
Die blondine kuier op die plaas.
“Ek kan nie verstaan waarom die melk vanoggend so waterig lyk nie,” sê die boervrou.
“Seker omdat die koeie die hele nag in die reën gestaan het,” antwoord die blondine.
- - - - - - - - - - - - - - - -
Die blonde staan kaalgat handeviervoet op die strand in die son. "Hoekom doen jy dit? " vra die brunette. Die blond antwoord: Ek wil voel hoe steek die son.
- - - - - - - - - - - - - - - -
Plaasseun stap kroeg binne met 'n volstruis onder die een arm en en 'n toiletbak vol R100 note onder die ander.

Die kroegman vra: "En die?"

Seun: "My pa het gesê as jy girls soek, moet jy 'n groot voël en 'n k*khuis vol geld hê."
- - - - - - - - - - - - - - - -
VLEISBRAAI definisie.
'n Partytjie waar die kos so 'n bietjie rou en die gaste so 'n bietjie gaar is.
- - - - - - - - - - - - - - - -
Die mure in die woonstel is so dun …
Jou oë traan wanneer die buurvrou uie skil.
- - - - - - - - - - - - - - - -
“Totsiens, Skat,” sê die vrou en gee haar man ‘n klapsoen. “Ons gaan winkel toe.”

“Wie’s ons?”
“Ek en jou beursie.”
- - - - - - - - - - - - - - - -
Gehoor van die plaasboer met 'n vrag beesmis op die bakkie, wat skielik moes briek trap vir 'n vark in die pad?

Nou's hy kniediep in die k....... oops....in die werk!
- - - - - - - - - - - - - - - -
Wat se normale mense voor n motor ongeluk"Oh F$#&". Grand mense "Oh Goodness" en ons boere "Hou vas my dop en tjek hierdie F%$@*$ move
- - - - - - - - - - - - - - - -
Vrou dink na en antwoord.
Hoe maak jy 'n man?
Jy kruis 'n vark en 'n by.
Dan kry jy 'n lui ding wat net die hele dag wil vreet en steek..
- - - - - - - - - - - - - - - -
'n Man klim die hoogste berg, swem die breedste rivier en stap deur die grootste woestyn vir sy vrou.
Sy wil egter van hom skei, want hy is nooit by die huis nie.
- - - - - - - - - - - - - - - -
Hoekom stink 'n poep?
Om te deel met die dowes!
- - - - - - - - - - - - - - - -
“Pa,” vra Jannie, “kan ‘n mens gestraf word vir iets wat jy nie gedoen het nie?”
“Natuurlik nie,” antwoord sy pa.
- - - - - - - - - - - - - - - -
Liefde mag blind wees maar die huwelik is 'n bril.
- - - - - - - - - - - - - - - -
'n Man is nie regtig dronk voor hy nie meer op die grond kan lê sonder om vas te hou nie!
- - - - - - - - - - - - - - - -
Hoe ruil ´n bedorwe brokkie ´n gloeilamp om?
Sy sê net: "Pappa ek wil ´n nuwe woonstel hê!"
- - - - - - - - - - - - - - - -
Hoekom het die aërobiese instrukteur die pad oorgesteek?
Daar was iemand aan die anderkant wat nog kon stap.
- - - - - - - - - - - - - - - -
Wat noem jy ´n Aussie met ´n skaap onder een arm en ´n bok onder die ander?
Biseksueel
- - - - - - - - - - - - - - - -
Die eend loop by die kroeg in en vra die kroegman: " Het jy brood?"
Kroegman: Nee
Eend: Enige brood?
Kroegman: Nee
Eend: niks brood nie?
Kroegman: Nee, ons het nie enige brood nie!!!
Eend: Nie eers ou brood nie?
Kroegman: Is jy doof of wat? Ons het nie brood nie!!
As jy my weer vra, gaan ek jou bek aan die kroegtoonbank vasspyker
Eend: Het jy spykers?
Kroegman: Nee
Eend: En brood?
- - - - - - - - - - - - - - - -
Mans is half gemaak. Hulle het tieties sonir melk, voels sonir
vere, eiers sonir doppe, sakke sonir geld en klokke sonir klank.
...Shame
- - - - - - - - - - - - - - - -
'n Seuntjie ry saam met sy ma in die kar. Hy krap in sy neus en trek 'n lang groen stuk snot uit sy neus. Sy ma kyk en vra: "En nou? Wat gaan jy met dit doen?"
Seuntjie: "Nee ek weet nie - ons mag mos nie in die kar eet nie."
- - - - - - - - - - - - - - - -
Adam
Hulle het uitgevind dat Adam gay was.
Geen normale man sal langs 'n kaal vrou sit en appels vreet nie!
- - - - - - - - - - - - - - - -
Wat noem jy ´n skaap wat aan ´n boom vasgemaak is in Australië?
´n Playstation
- - - - - - - - - - - - - - - -
Beetle
Die BMW vra vir die Beetle: "Hoekom sit jou oë buite jou kop en nie binne soos myne nie?"
Die Beetle sê: "Kom ons druk jou engin in jou hol op, dan kyk ons hoe lyk jy!!!"
- - - - - - - - - - - - - - - -
Beroep
Die oudste beroep in die wêreld is die van ´n speedcop:
Genesis 3:4
En die bose gees het agter die bos gestaan
- - - - - - - - - - - - - - - -
Bles Bridges
Vraag: Wat hoor jy as jy ´n Bles Bridges plaat agteruit speel?
Antwoord: ´n Koeksusterresep.
- - - - - - - - - - - - - - - -
Blind
Wat doen Stevie Wonder se vrou as sy kwaad is vir hom?
Skuif die meubels in die huis rond.
- - - - - - - - - - - - - - - -
Blond
Die blondine vang haar man saam met ´n ander vrou in die bed. Sy gryp ´n rewolwer en druk dit teen haar eie kop.
Man: "Wag,moenie skiet nie!"
Blond: "Bly stil! Jy is volgende!"
- - - - - - - - - - - - - - - -
Die blond bel die brandweer en sê haar huis is aan die brand.
Die brandweerman: "OK, hoe kom ons by jou uit?"
Blond:"Helloooo! ........ met die rooi lorrie!"
- - - - - - - - - - - - - - - -
Hoekom gebruik ´n blondine die Pil?
Sodat sy kan weet watter dag van die week dit is.
- - - - - - - - - - - - - - - -
Het jy geweet daar's ´n vereniging vir blondines gestig?
Hulle noem dit die Ama-dom-dom
- - - - - - - - - - - - - - - -
Hoekom het blondines deurskynende kosblikke?
Sodat hulle kan weet of hulle werk toe gaan of huis toe.
- - - - - - - - - - - - - - - -
Waarom het die blondine Omo gedrink?
Op die houer staan:
MET NUWE VERBETERDE VETVERWYDERAAR
- - - - - - - - - - - - - - - -
Wat het vier blondines in gemeen?
Niks waaraan hulle kan dink nie.
- - - - - - - - - - - - - - - -
Hoe hou jy ´n blondine ure lank besig?
Gee vir haar ´n papier met die woorde "blaai om asseblief" op albei kante geskryf.
- - - - - - - - - - - - - - - -
Hoe weet jy watter een is die blondine by die begrafnis?
Die een wat sing: "lank sal hy lewe....."
- - - - - - - - - - - - - - - -
Hoe weet jy watter een ...
Next part ►


This page:




Help/FAQ | Terms | Imprint
Home People Pictures Videos Sites Blogs Chat
Top
.